40 dae reeks – 20-20 Visie

Mense met n missie

40 dae reeks – 20-20 Visie

15th Jan 2020 Uncategorised 0

Daar is konsensus in alle areas van belangstelling, dat groei in groepe plaasvind. Vir beste resultate nie groter groepe as 10 nie. Ons wil graag kapitaliseer op daardie beginsel.

Vir ons by Suiderhof is groei een van ons 4 waardes (Gasvry, Gemeenskap, Groei, Getuig)

Ons daag jou dus uit om in te skakel by ‘n kleingroep, vir 6 weke, vanaf 9 Februarie.

Daar is geen druk om aan te gaan met die groep na die reeks nie – maar daar is wel ‘n wonderlike moontlikheid dat hierdie groep vir jou ‘n nuwe familie sal word!

Skakel in by mense in jou portuur groep, wat verstaan hoekom jou dag en week lyk soos hy lyk.

Kry ondersteuning, insig, samesyn en bemoediging soos nog nooit tevore nie.

Waag dit om verras te word!

As julle reeds ‘n groep in gedagte het, of ‘n persoon ken of self die persoon is wat so ‘n groep sou kon lei (geen opleiding nodig nie – net goeie sameroeper vernuf) kontak gerus vir Ds. Dubois of Evert (kontak nommers op Webtuiste se hoofblad)

 

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *