Gevaarlike Gebede 4 – Here, stuur my

Mense met n missie

Gevaarlike Gebede 4 – Here, stuur my

29th May 2020 Uncategorised 0

Wie van julle kinders (of toe julle nog in die huis was) is altyd die een wat winkel toe gestuur word deur jul ouers?

  • Hoe het die ervaring van ‘winkel toe gaan’ verander toe jy jou kar lisensie gekry het?

Hoe dink jy oor ‘gestuur wees’ wanneer dit kom by jou Christenskap?

  • Dink jy net sekere mense word gestuur of wil die Here alle Christene stuur?

Het jy dalk ‘n storie wat jy kan deel oor hoe jy baie duidelik gevoel het die Here jou vir iets spesifiek wou gebruik of in ‘n spesifieke situasie?

Lees saam met mekaar Jesaja 6:1-8

  • Wat val jou dadelik op wanneer jy hierdie teks lees?
  • Wat vertel hierdie teks vir ons oor Jesaja?
  • Wat vertel hierdie teks vir ons oor God?

Op watter manier is Jesaja en die manier hoe God met Jesaja handel in hierdie paar verse ‘n goeie parallel vir ons eie lewens-situasies?

Wat is die dinge wat mense soos ek en jy verhinder om met oorgawe vir God te sê: “Hier is ek Here, stuur my”?

Is jy al by ‘n punt waar jy hierdie gevaarlike gebed met erns kan bid: “Here, stuur my” – of is jy nog meer soos Augustinus wat gebid het: “Here, nog nie nou nie”?

  • Wat moet gebeur vir jou om by die punt te kom waar jy wel hierdie gevaarlike gebed kan bid?

Sluit af

Evalueer die reeks oor gevaarlike gebede – wat het dit vir jou beteken, wat sou jy graag meer/minder van wou hoor?

Bid vir mekaar die 4 gevaarlike gebede toe:

  • Here, leer my bid
  • deursoek my
  • breek my
  • stuur my

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *