God stuur Sy Gees saam met my – want ek moet Jesus-liefde uitleef

Mense met n missie

God stuur Sy Gees saam met my – want ek moet Jesus-liefde uitleef

27th Jun 2020 Uncategorised 0

Ons het verlede week in Rom 12 en 1 Kor. 12 gesels oor die gawes wat die Gees aan elkeen gee om die werk van die Here te doen. Dis nogal baie spesiale dinge wat ons so as geskenke ontvang. Noem weer ’n paar gawes op wat julle onthou.

Nou sê die Bybel dat daar iets is wat die allerbeste is (1 Kor. 13:1).

  • Wat beteken die woord “allerbeste”? Sê dit bietjie met ander woorde.
  • Wat is volgens 1 Kor. 13 die allerbeste.
  • Hoe kan Hy sê dat die liefde die allerbeste is. Is dit dan beter as die gawes? Lees 1 Kor. 13:1-3 en gesels hieroor.

Om te verstaan wat Hy bedoel met liefde, gaan ons mooi kyk na 1 Kor. 13:4-7. Dit sal baie help om elke keer dit ook in ander vertalings te lees bv. die Boodskap, die Lewende Bybel, of gebruik die YouVersion Bible App op jou selfoon of Bible.com op jou rekenaar om na baie verskillende vertalings te kyk.

Sê in ander woorde wat beteken dit: (en vra jouself telkens af hoe dit in jou lewe is…)

  • Die liefde is geduldig
  • Die liefde is vriendelik
  • Die liefde is nie afgunstig nie
  • Die liefde is nie grootpraterig nie
  • Die liefde is nie verwaand nie
  • Die liefde handel nie onwelvoeglik nie
  • Die liefde soek nie eie belang nie
  • Die liefde is nie liggeraak nie
  • Die liefde hou nie boek van die kwaad nie
  • Die liefde verbly hom nie oor onreg nie, maar verheug hom oor die waarheid
  • Die liefde bedek alles
  • Die liefde glo alles
  • Die liefde hoop alles
  • Die liefde verdra alles

Die Bybel sê nie dat ons soos Jesus is as ons kragtige dade en gawes uitleef nie, maar as ons liefde leef. Lees Joh. 13:34-35. Jesus-liefde kan beskryf word as

  • Opofferende
  • leeggemaak-van-jouself,
  • ter-wille-van-ander liefde

Gesels bietjie oor hoe julle elkeen van die drie begrippe verstaan, hoe Jesus elkeen uitgeleef het  en hoe dit prakties in ons lewens moet wees.

Laastens is dit baie belangrik om te onthou dat hierdie Jesus-liefde dikwels teen ons normale manier van dink en doen ingaan. Dis hoekom dit as ’n vrug van die Gees beskryf word (Gal. 5:22). Wat beteken dit vir jou dat dit ’n vrug van die Gees is en nie uit jou eie vermoë kom nie ?

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *