Helplift benodig

Mense met n missie

Helplift benodig

3rd Aug 2020 Uncategorised 0

Goeie dag vriende – soos ons gister afgekondig het: Helplift (Suiderhof se barmhartigheid diensgroep) doen ongelooflike werk onder ons gemeente lede, maar ook baie wyer. Indien julle graag ‘besorg’ sou wou wees oor iemand, kyk gerus na die weeklikse behoeftes en dra by waar julle kan.

Kontak: Sandra van Rooyen +264 81 124 8190

  • Suiderhof HelpLift bedank almal vir die mooi bydraes van mussies sover. Ons het nou voorlopig genoeg daarvan, maar sal graag wil he die vlytige breisters moet oorskakel na slaapsokkies vir kinders sowel as volwassenes.  Enige iemand is welkom om deel te neem, en die klaarprodukte kan by die kerkkantoor afgelaai word vir Helpende Hande se aandag.  Die wat wil deelneem, moet vining begin, die winter seisoen is amper verby.
  • Suiderhof HelpLift vra vir ‘n borg van N$5500 per maand vir skoolfonds – al kan ‘n persoon net ‘n gedeelte bydra help dit steeds baie.  Hierdie kind kan nie in ‘n normale hoofstroom onderrig ontvang nie, hy moet in ‘n spesiale skool geakkomodeer word.
  • Indien daar ‘n behoefte is vir mense wat nie oor hul eie vervoer beskik nie, skakel gerus vir Ronelle Burger Tel: 081 423 7292. Sy help graag

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *