Vier v’s – Vrees

Mense met n missie

Vier v’s – Vrees

14th Aug 2020 Uncategorised 0

Ysbreker

Watter fliek het nog die meeste vrees by jou gewek?

  • Hoekom was die fliek so vreesaanjaend?
  • Sal jy dit weer kyk?

______________________________________________________________________________

Inleiding

Wanneer is vrees ’n positiewe ding in ’n mense se lewe?

  • Kan jy aan ’n voorbeeld hiervan dink vir die tyd waarin ons leef?

Wanneer raak vrees ’n negatiewe ding in ’n mens se lewe?

  • Kan jy aan ’n voorbeeld hiervan dink vir die tyd waarin ons leef?

Het jy onlangs vir jouself of voor iemand anders die volgende uitlating gemaak: “Jesus U kan nou maar terugkom”?

Wat dink jy rondom die volgende stelling: “te midde van die vrees het jy steeds ’n verantwoordelikheid”?

______________________________________________________________________________

Teks

Lees die verhaal van Elia en die baal profete in 1 Konings 18 vir agtergrond – lees dan 1 Konings 19:1-4

  • Wat tref jou in die oorgang tussen hfst. 18 en hfst. 19?
  • Stem jy saam met die volgende stelling oor Elia in hfst. 19: sy vrees het sy fokus gekaap en toe verloën hy sy verantwoordelikheid

Lees saam Lukas 22:39-45

  • Wat tref jou in hierdie gedeelte?
  • Hoe is Jesus se hantering van sy vrees hier anders as hoe Elia syne hanteer het?

______________________________________________________________________________

Toepassing

Hoe kan mens iemand help – na aanleiding van alles wat ons reeds oor gesels het – wat toelaat dat stres en vrees en angs hul hele fokus in beslag neem?

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *