Hoeveel sakke gras is jy werd?

Mense met n missie

Hoeveel sakke gras is jy werd?

23rd Oct 2020 Uncategorised 0

  • Ysbreker

Kry ’n handjie vol gras en deel dit vir elkeen in die groep uit, en ’n foto of twee van voëls (’n troetel voël sal ook goed werk as jy een kan saambring).

  • Bestudeer die gras en die foto’s van die voëls/troeteldier
    • Vraag: op watter maniere is ek soos die gras en die voëls? En op watter manier nie?
    • Vraag: wat is die ooreenkomste en verskille tussen ‘God se verhouding met my’ en ‘my verhouding met my troeteldier?

______________________________________________________________________________

  • Inleiding
  • Wat verstaan jy nou al rakende ‘die Koninkryk van God’
    • Is die konsep al vir jou helderder of bly dit maar vreemd?
    • Hoe lyk die praktiese toepassing van ’n lewe in die Koninkryk?
  • Bespreek hierdie aanhaling – stem jy saam? Wat is die uitwerking daarvan in die lewe van ’n gelowige?
    • We are called not just for Heaven, but for God’s Kingdom – not juts to be receivers of God’s forgiveness, but to be agents of it – Jesus died not just to save us from our sins but to save us for a purpose, to be people of his purpose: to be divine image-bearers heralding God’s coming reign

______________________________________________________________________________

  • Teks

Lees saam: Matt. 6:25-33

  • Watter van hierdie beelde tref jou die meeste?
  • Wat verstaan jy wanneer Jesus sê: “moet jou nie bekommer nie”
  • Hoekom is die boodskap van hierdie teks nie bloot: “don’t worry, be happy” nie?
  • Hoe verstaan jy ‘beywer’ in vers 33?

______________________________________________________________________________

  • Toepassing

Os Guiness het die volgende te sê gehad oor die Europese immigrante wat Amerika toe is:

  • “the Puritans in American history lived as if they stood before an audience of One. They carried on their lives as if the only one whose opinion mattered were God. Of course they understood that this is what Jesus Christ taught them to do.”

Is hierdie ’n goeie beeld van een wat hom/haarself ‘beywer’ vir God se koninkryk?

  • Hoe sien jy dit prakties uitspeel in jou gemiddelde daaglikse lewe?

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *