Gemeentebrief – 22 Nov

Mense met n missie

Gemeentebrief – 22 Nov

21st Nov 2020 Uncategorised 0

Sondag 22 November

GETUIENISFEES

Die dankoffers gaan vir ons Sendelinge fonds

09:00   Gesamentlike Erediens in Saal: Gelei deur Willem Steenkamp. (Tentmaker-leraar van NG Kerk Academia)

09:00  Kleuterkerk

10:00  Kom drink ‘n koppie tee/koeldrank op die stoep

10:30  Diens by Auas Hills

MAANDAG 23-25 November

18:00  Getuienisfees – elke aand van Maandag tot Woensdag in die kerk gelei deur Willem Steenkamp tentmaker-leraar van NG Kerk Academia:  Navrae ds Hein 081 297 7653.

SONDAG 29 November

09:00   Erediens (Kerk)

09:00   Erediens (Saal)

10:00  Kom drink ‘n koppie tee/koeldrank op die stoep

10:30  Diens by Auas Hills

18:00  Gamsbergplaasdiens:  Kersafsluiting & Nagmaal

Verjaardagwense:  Baie geluk!!

22/11  Stella Junius, Lida Loots,

23/11  Mariana Basson, Marlene Cronje, DJ Gous, Wilhelm Schultz, Ayden Thirion,

24/11  Jaco Olivier, Monro Pretorius, Jacolene Thirion,   Reinhardt Van Der Merwe,

25/11  Yolanda Gouws,  Andre Kuschke, Liam Mahecic, Johan Marais, Peta-Anne Nichols, Janetta Olivier, Elaine Prinsloo,

26/11  Junius Barnard, Gert Grobler, Elmaré Nieuwoudt, Helena Twyman,     

27/11  Lizette Blaauw, Deon De Klerk, Ariana De Waal, David Jacob Du Toit, Hennie Smeer, Elize Smit,    

28/11  Piet Basson, Constance Bastiaans, Gerhard Geldenhuys, Shanique Struwig,

29/11  Carien Opperman         

1.  Bybelskool 2021

Ontdek die Woord in hierdie een-jaar kursus! Jy gaan sistematies van Genesis tot Openbaring deur die Bybel werk om dus in een jaar die Bybel

deur te lees. Elke week is daar ’n lesing wat jou dieper inlei in die verstaan van ’n spesifieke boek.

Koste:  N$ 450-00 per termyn (kom praat indien die geld jou pootjie, daar is borge wat sal help)

Lesings is op Dinsdagoggende 09:00 – 12:00 of Dinsdagaande 18:00 – 21:00. 

Navrae:    Ds Evert by 081 128 0757 of evert@afol.com.na;.

As jy ’n behoefte het om die Bybel beter te verstaan is die kursus vir jou!!

2.  Kerkkantoor sluit

Die kerkkantoor sal gesluit wees van Vrydag, 11 Desember tot Dinsdag, 5 Januarie 2021

3.  Suiderhof HelpLift: Hulp aan mense in nood

  • Soek ‘n kamer of eenslaapkamer woonstel vir ‘n matriekdogter.  Skakel Mev. Lubbe 063 693265
  • Skakel vir Frans Van Zyl (081 318 8594) vir oprigting van precast, mure aan die kus
  • ‘n Manlike gemeentelid met jare se ondervinding en goeie verwysings, kan sweiswerk, algemene onderhoud aan bykans enige tipe masjinerie doen…van motors tot swaar masjinerie.  Het ook sy eie grondverskuiwingsmasjinerie.  Kontak vir ds Hein 081 297 7653 vir meer inligting.
  • Daar is 12X “formolite” kosbakkies by die kerk beskikbaar vir etes op Kersdag.
  • Kersdag se kollekte gaan vir die aanvulling van mediese onkostes by Helpende Hande.

Skenkings vir Suiderhof Helplift kan inbetaal word by NG Suiderhof: HelpLift, Bank Windhoek, Maerua Mall, Takkode: 483872, Rek nr: 8010 141 636

4.  WhatsApp groepe van die kerk

As jy nog nie deel is van die kerk se WhatsApp -groep nie, laat weet asb vir Jenny 251414 of epos ngks3@afol.com.na

Ons belowe ons sal dit nie misbruik nie (in die toekoms sal ons ook voor 21H00 in die aande met julle kommunikeer 😊).

5. Snuffelhoekie

Jy kan hier adverteer @ N$10-00 per plasing.

TE HUUR in rustige, klein kompleks in Olympia: 3-Slaapkamers, 2 badkamers, onderdak braai en enkel garage (Alles op een vlak). Naby inkoopsentrum. Geen diere/visse. N$9 800p/m. Water en elektrisiteit uitgesluit.

Beskikbaar vanaf 01 Jan. 2021.

Kontak no 081 423 7292.

6.  Geloftefees

 Die Geloftefeeskomitee het op sy laaste vergadering vir die jaar die volgende besluite geneem en wil dit so aan die onderskeie gemeentes in Windhoek oordra.

1. In die lig van die beperking op die getalle van mense wat enige byeenkoms mag bywoon, is dit moeilik om onder die onseker tye waarin ons tans verkeer, enige reëlings aangaande ons jaarlikse Geloftediens sinvol te kan doen.

2. Alhoewel die huidige beperking op 250 is (by die neem van die besluit was dit nog op 50 persone en was die toekoms ewe onseker), is die besluit geneem dat die hou van ‘n Geloftediens terug verwys word na elke gemeente in sy eie hoedanigheid en sal daar dus nie vir hierdie jaar, 2020, ‘n gesamentlike diens gehou word nie.

 Ds. W.J. Theron

(Voorsitter: Geloftefeeskomitee Windhoek)

Gebedsgids

NUUTSTE SIEKES:

Dankie dat jy saambid vir Alida Basson (081 3679 449), haar man, Tobie (meestal weg, werk in Wes-Afrika tans gelukkig nou in Whk.).  Alida het die week ‘n nood kankeroperasie gehad.  Sy begin oor 6 weke met bestraling.  Dink ook aan hul kinders, JT en Jaco so ook aan haar ma, Annetjie van der Merwe (081 288 3099).

Deon Gous.  Na ‘n baie groot ongeluk Dinsdagoggend is Deon in LPPG ICU opgeneem.  Verskeie ernstige beserings.  Teen druktyd het dit stadig maar seker beter begin gaan.  Slegs 2 rugwerwels blyk geheg te moet word met ‘n “harnas” ter ondersteuning.  Lang moeilike pad en besluite lê vir hulle voor.  Dink ook aan sy vrou, Susan (081 129 1944)  hul 3 kinders:  Evert (081 148 8011), Diekie (081 124 6471) en Elmie (081 124 4840). 

Klein Adriaan van der Merwe (11 maande): Sy ma, Amanda, laat weet: “Hulle het ongelukkig weer aktiewe groei in beide oë by Adriaan gekry wat hulle weer met laser behandel het.  Ons volgende afspraak is middel Desember om vordering te kyk.”  Dankie dat jy saam bly bid EN TEKS- ONDERSTEUN via Amanda (+26481 272 9815).

Dr. Manus Olivier (predikant van Swakopmund +264811290598, sy vrou Theresa 0816646151). Na ‘n stryd van omtrent ‘n dekade teen kanker en na ‘n jaar sedert sy vorige behandeling voltooi is en sy uitslae goed gelyk het, het die kanker hervat en is hy weer in die Kaap vir bestraling daarteen. Hy is vol moed en positief.

Marietjie de Klerk (085 128 1405) wat al vir 8+ jaar met kanker worstel.  Geen nuwe nuus teen druktyd.

Pastor Jokes

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *