Gemeentebrief 2021-01-15

Mense met n missie

Gemeentebrief 2021-01-15

15th Jan 2021 Uncategorised 0

15 Januarie 2021

Liewe Vriende

Ons sing saam “al die veld is vrolik”. Terwyl ek hier tik reën dit al weer! Ons dank ons Vader vir Sy oorvloed en voorsiening terwyl ons bid vir hulle wat getref is deur oorstromings en ook hulle wat steeds nog nie veel reën gekry het nie.

Intussen is dit maar steeds ons en Covid…. en Sondag geld dus steeds dieselfde reëlings:

Ons gaan DV Sondag ’n erediens in die kerkgebou hê maar nog nie ’n aparte Gesinsdiens nie. Ons weet samekomste is ’n groot risiko en sal dit so veilig as moontlik probeer maak. Dit gesê, wil ons saam met die minister mense wat kwesbaar is (dus mense bo 60jr, mense met ander mediese risiko faktore, swanger vroue en kinders onder 10 jr) of in noue kontak is met kwesbare mense, aanmoedig om t.w.v. hulle eie en ander se veiligheid liewers die boodskap by die huis te luister.

Covid reëlings gaan baie streng toegepas word:

  • Slegs 50 mense mag bywoon – as ons meer as 50 is, sal mense in die konsistorie geakkommodeer word waar hulle na die diens kan luister.
  • Elkeen moet ten alle tye ’n masker op hê wat ook die neus bedek…, ook tydens die erediens.  GEEN MASKER GEEN TOEGANG! Omdat dit moeilik is om te sing met ’n masker gaan ons na musiek luister terwyl die woorde vertoon word.
  • Die normale hande ontsmet, temperatuur meet en invul van register is verpligtend voordat die gebou betree kan word
  • Sosiale afstand van minstens ’n meter binne en buite die kerkgebou! Onthou asb. om nie hande te skud of ander fisiese kontak te hê nie…
  • Geen tee en saam kuier na die tyd

Dankie dat ons op julle kan staatmaak! Dis vir ons almal se veiligheid… Daar sal weekliks weer herbesin word oor die eredienste.

SONDAG:

09:00   Erediens (Kerk)

MAANDAG 18 Januarie

18:00    Kleingroepleiers

DINSDAG 19 Januarie

18:00    Bestuursraad

DONDERDAG 21 Januarie

18:00   Wyksouderlinge

SONDAG 24 Januarie

VISIE Sondag!

09:00   Erediens (Kerk)

SONDAG 31 Januarie

40 DAE BEGIN

GETUIENIS SONDAG

09:00   Erediens (Kerk)

09:00   Erediens (Saal)

09:00   Kleuterkerk

09:45   KICK:  Inskrywings  

18:00    Tienerkerk:  Inskrywings

MAANDAG 25 – 27 Januarie

18:00    WEEK VAN GEBED

Verjaardagwense:  Baie geluk!!

17/1     Susie Coetzee, Elmarie Visser, John-Roelof Dreyer,

18/1     Zaskia Joubert, Gunther Leicher, Irma Van Der Merwe,    

1/1       Adam Boshoff, Martie Joubert,   

20/1     Schalk Burger, Deon Garbers, Johan Geertsema, Annalise Heyns, Petrus Kotze, Elna Schickerling, Kyle Van Wyk,

21/1     Emile Brand, Gerald Geldenhuys, LP Martins, Fanie Steenkamp, Shaun Tagliaferri,

22/1     Lisa Booysen, Johan Byleveldt, Andrea Maree, Rolien Schaaf, Maré Swart,

23/1     Heike Grobler, Andrew Steyn, Amaré Van Der Merwe,

Bybelskool 2021

Ontdek die Woord in hierdie een-jaar kursus! Jy gaan sistematies van Genesis tot Openbaring deur die Bybel werk om dus in een jaar die Bybel deur te lees. Elke week is daar ’n lesing wat jou dieper inlei in die verstaan van ’n spesifieke boek.

Koste:  N$ 450-00 per termyn (kom praat indien die geld jou pootjie, daar is borge wat sal help)

Lesings is op Dinsdagoggende 09:00 – 12:00 of Dinsdagaande 18:00 – 21:00. 

Navrae:    Ds Evert by 081 128 0757 of evert@afol.com.na;.

As jy ’n behoefte het om die Bybel beter te verstaan is die kursus vir jou!!

Belydenisklas en Graad 10 kamp 2021

Met die verandering van die skooldatums, skuif die kamp nou na 22-24 Januarie.  Inskrywingsvorms is reeds aan julle gestuur.  Ons vertrek stiptelik Vrydag, 22 Januarie 14:00 van die kerk af. 

Enige navrae Anita Retief by 081 2349464

Gebedsgids

MEEGEVOEL:

Tannie Bettie Bronkhorst (94jr oud van OR) is verlede week oorlede.  Die gedenkdiens was reeds Vrydag, 15 Januarie vanuit Eros.  Ons dink aan aar dogter, Helena (081 303 1459) en haar 2 seuns Willie (081 237 1340) en Tewie (081 765 7808) en al haar kleinkinders.

NUUTSTE SIEKES:

Andre Gouws en sy vrou Hilda (0816614533). Einde November 2020 het Andre se ander been ook aarverstoppings gekry en moes hulle inderhaas aarvervangings doen. Dit gaan beter met Andre en die wonde word stadig gesond. Hy sou nou Vrydag hopelik vir die laaste keer ingegaan het dat hulle na die wond kon kyk. Hy slaap net nog baie en bly moeg en kla nog van seer. Hilda werk nou van die huis af.

Hester van der Merwe (081 170 9900; Ben 081 128 2469) het Donderdag haar baie groot hartoperasie gekry. Dankbaar alles het goed afgeloop en sy is reeds van die masjiene af.

Elsabe Steenkamp  (081 165 9528) van Auas Hills is Donderdag in ICU opgeneem a.g.v. haar suurstof vlakke wat te laag begin daal het weens COVID-19.

Bertha Visser (0811220029). Haar oog het weer in Desember geskeur en vog uitgeloop. Steke is ingesit, maar daar is nou nog ‘n lekplekkie. Gelukkig is die infeksie wat altyd die probleem veroorsaak, nou stil. Die sig is maar swak, maar sy sê dit gaan goed met haar. Osteoporose keil haar op.

NUUTSTE KANKER:

Dankie dat jy saambid vir Alida Basson (081 3679 449), haar man, Tobie (meestal weg, werk in Wes-Afrika – gelukkig tans tot 17/12 in Whk.).  Alida het op (10/11) ‘n nood kankeroperasie gehad.  Daarna verskeie ernstige terugslae… Bestraling moes weer uitgestel word tot môre. Dink ook aan hul kinders, JT en Jaco en so ook aan haar ma, Annetjie van der Merwe (081 288 3099).

Marietjie de Klerk (085 128 1405) wat al vir 8+ jaar met kanker worstel het vandeesweek haar 2de chemo gehad.  Sy het 2 dae baie erge pyn gehad, gaan nou beter.  Gelukkig het haar seun, Sam negatief getoets vir Covid. Ander naby lede se Covid en haar pa se onlangse dood vang haar soms.

Ds Johannes Bingle (voorheen van Whk. Geref-Suid) se veelvuldige komplikasies het intussen kwaadaardig geword.  Hy was in die Pretoriase Urologiese Hospitaal tot 2/1.  Daarna tuis en word deur sy vrou, Betsie en seun Johan versorg.  Verskeie komplikasies, tans het hy bo verwagting versterk!  Diep dankbaar.  Hy het Woensdag verjaar en 69 jaar oud geword. (Betsie Bingle +2779 879 7323)

Groete!

Evert Strydom

(081 128 0757)

😊

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *