“Deo Volente”

“Deo Volente”

16th Jan 2021 Uncategorised 0

  • Ysbreker
  • Deel met mekaar enige nuwejaarsvoornemens wat julle in 2020 gemaak het waarin julle geslaag het?
  • Deel met mekaar enige nuwejaarsvoornemens wat julle gemaak het vir 2021?

______________________________________________________________________________

  • Inleiding
  • Hoe leef mens, volgens jou, ’n lewe van afhanklikheid en wag op die Here?
    • m.a.w. hoe weet jy wanneer God wil hê dat jy iets moet doen of nie moet doen nie?
      • Kan jy voorbeelde gee waar jy al aktief op God gewag het en wat die uitkoms was?

______________________________________________________________________________

  • Teks

Lees saam met mekaar Eksodus 40:36-37

  • Wat tref jou oor die situasie wat deur hierdie verse vir ons beskryf word?
  • Wat sê hierdie verse vir jou oor God en oor die Israeliete?
  • Is die beginsel “volg die Wolk” ‘n goeie voorbeeld van afhanklik leef van God?

Lees saam met mekaar Jakobus 4:13-16

  • Op watter manier komplementeer die lees van hierdie verse die teks in Eksodus 40?
  • Stem jy saam met Jakobus of dink jy dat mens maar mag praat sonder om God in elke sin in te sleep?
  • Is “Deo Volente” (as God dit wil) se afkorting ‘D.v’ iets wat jy sal oorweeg om in jou gewone praatstyl in te werk?

______________________________________________________________________________

  • Toepassing

Laai die onderstaande PDF oor die dissipline van ‘vas’ af en werk dit met die groep deur – ons het die week van die 25ste Jan ’n week van gebed Sou dit vir julle as groep iets wees wat julle saam kon doen in daardie week, om jul te kalibreer vir die jaar?

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *