Gemeente Brief – 5 Feb

Mense met n missie

Gemeente Brief – 5 Feb

4th Feb 2021 Uncategorised 0

Goeie dag liewe vriende! Die week is al weer amper verby en ons sien geweldig uit om oor die naweek weer saam met julle tyd te spandeer in die aanbidding en aanhoor van ons Here.

Verlede week het ons gehoor hoedat ‘Gasvryheid’ soos uit die mond van Jesus, en in die handeling van die Vader deur sy mense deur die eeue, nie bloot beskou kan word as onthaal of ‘n passiewe vriendelikheid nie, maar ‘n aktiewe liefde vir vreemdelinge, verstotelinge en selfs, ja selfs, vyande.

Ons het julle uitgedaag om hierdie week hierdie moontlike ‘herdefinisie’ van gasvryheid vir baie van ons te gaan toepas en ons hoop dat, vir die van julle wat dit probeer het, dit ‘n ongelooflike geseënde ervaring was.

Komende Sondag neem Ds. Evert ons deur ons tweede gemeente waarde: gemeenskap. ‘n Vreeslike ‘Christianese’ woordjie wat eintlik dui na die doel van gasvryheid: om mense bymekaar uit te bring in ‘n spasie waar God se Gees verandering kan bewerk.

Wat sien ons? Jesus was nooit alleen nie, daar was altyd groepe mense rondom Hom…en Hy wou dit ook so hê: die kern van die lewensstyl wat Hy vir ons as mens kom leer het, kon slegs aangeleer word in die saamwees met mense – teorie sonder praktyk is nie ‘n goeie leer metodiek nie!

So kom geniet die saamwees Sondag – ons sal weer die erediens in die saal uitsaai na die kerk toe sodat ons kan hou by die 50 mense maksimum reëling.

Hier onder is die gemeente nuusblad vir die week (klik op die skakel om dit oop te maak) – lees gerus daardeur, ons benodig mense wat sal inkoop en eienaarskap neem by verskeie diensgroepe – ons bid solank dat die Here jou sal stuur waar Hy jou wil gebruik!

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *