Gemeente Brief – 19 Maart 2021

Gemeente Brief – 19 Maart 2021

19th Mar 2021 Uncategorised 0

Goeie middag liewe Suiderhof familie!

Hierdie week ‘n jaar gelede het alles wat ons gedink het vir ons bekend is en gerieflik is totaal verander. Dit is nou ‘n jaar wat ons in die ‘nuwe normaal’ onsself handhaaf; en alhoewel ons tot ‘n mate aangegaan het met ons lewens, is daar steeds ‘n groot klomp frustrasie, kommer, hartseer – veral daarin dat beperkings nie genoegsaam opgehef word nie – ons hoor steeds van familie, vriende en kennisse wat die siekte opdoen en selfs daaraan omkom. Dit is genoeg om mens te laat vra “gaan die lig ooit weer skyn?”.

Ons bevind onsself op pad na die Paasfees wat ‘n baie goeie metafoor vir hierdie hele situasie is – die goeie Vrydag het die dissipels dieselfde vraag gevra: “gaan die lig ooit weer skyn?” Die antwoord het hulle op die Sondag gekry…’n onomwonne JA!

Ons dien ‘n God wat situasies omkeer en harte bekeer. Ons bid saam met julle dat ons aan Hom sal vasklou en sal bly vertrou op sy sorg, goedheid en teenwoordigheid.

Hier onder is ‘n paar punte wat julle graag kan deurwerk vir kennisname – die belangrike goed sal ons Sondag oggend net weer uitlig. Ons het weens die langnaweek ‘n gesamentlike diens in die Saal en sien uit om julle daar te hê!

Groete en Seëm

Dubois

Verjaardagwense:  Baie geluk!!

21/3    Ingrid Nel, Ansie Niemann, Issy Van Zyl, Aiden Visagie,   

22/3    Elsabe Engelbrecht, Lisa Garbers, Tienie Gous, Leandrie Gradidge, Daniella Joubert, Jacques Korrubel, Enem Kritzinger, Elli Rossouw, Shaun Van Wyk,

23/3    Abre Maree, Jean Pretorius, Louis-Allen Van Wyk, Gabriel Wolfaardt, 24/3    Luise Burden, Bettie Gradidge, Wendy Lombard, James Norval, Tania Schreuder, Theo Visser,

25/3    Andre Brynard, Elize Buys,  

26/3    Erik Booysen, Tommie Britz,        

27/3    Collette Carstens, Robyn Kotze,      

1.    Gemeentekamp:  23-25 April

 ‘n Gemeentekamp word deur die kleingroepe vir die naweek van 23-25 April by Oppiedam (ons gemeente se kampterrein by die Oanobdam) gereël. Hou solank die datum oop, meer inligting volg spoedig.  Navrae ds. Dubois 081 401 3261 of die kantoor (Jenny) 251414.

3.  Suiderhof HelpLift:  Hulp aan mense in Nood

  • Egpaar is dringend op soek na werk.  Die man is ‘n bedryfsingenieur van beroep.  Hy kan van plaas tot ‘n besigheid bestuur.  Hy is goed met projekbestuur, produksie verbetering en bestuur.  Die vrou was ‘n persoonlike assistant.  Hulle het egter net N$3000.00 oor en het geen geld vir huur, water, krag en kos meer nie.  Hulle het ook nie meer ‘n motor om by werk uit te kom nie.

Enige navrae kontak vir ds Richard Becker 081 122 8112

  • kospakkies:

Daar is sakkies by die deure beskikbaar om voorrade vir mense in nood aan te vul.  Die sakkies met voorrade kan dan weer in die swart kratte by die deure gelos word.

Moet net aan die bokant oopgeskeur wees.  Plaas in swart kratte wat by die deure staan.

Droë Voedsel:

Split peas, Lensies, Ziplog toebroodjie sakkies,

Toilet ware:

Badseep, Sjampoe, Tandepasta, Onderarm sprei, toiletpapier,

Skoonmaakmiddels:

Pine Gel

Meubels:

1 Yskas, Los stoele, Messe & Vurke, Komberse, Laai/hangkas, Voordeur, 2 X Kombuiskaste, TV Kas, Voordeur

Ander: 

Tamatiesous, aanmaak koeldrank, Smeermiddels, Babaklere

Daar is vele mammas wat kraam sonder dat hul enige kleertjies vir die pasgebore babas het. Ons wil graag ’n geskenkpakkie (soos aangedui op die foto) aan hierdie mammas gee. Daarvoor

het ons natuurlik skenkings nodig.

Siende dat die handdoekdoeke nog te groot is, sal ons flenniematetiaal voorsien aan ‘n goedhartige persoon wat die doeke vir ons gratis sal maak.  Ons sê nou al baie dankie vir enige bydrae.

Kontakpersoon: Ronèlle Burger – 081 423 7292

Skenkings vir Suiderhof Helplift kan inbetaal word by NG Suiderhof: HelpLift, Bank

Windhoek, Maerua Mall, Takkode: 483872, Rek nr: 8010 141 636

4.  Snuffelhoekie

Jy kan hier adverteer @ N$20-00 per plasing.

Enige skoenboks wat in die pad is, bring dit asb kerk toe, gemerk “Ronèlle”.  Ronèlle Burger- 081 423 7292

Eenslaapkamer (Bachelors) in Auas Hills Retirement Village te huur, onmiddellik beskikbaar.  Kliniek en apteek ens. op perseel.  Water ingesluit, koopkrag en een

maand se huur. Deposito vooruit betaalbaar.  Net vir persone 50 jaar en ouer.  Geen troeteldiere.

Huur:  N$4,200 onmiddellik beskikbaar

Verkoopsprys:  N$500 000.00

Kontak vir Christa 081 298 3078. 

Woonstel te huur in Suiderhof

Beskikbaar 1 Maart 2021

Een slaapkamer met badkamer (slegs stort)

Woonkamer/gedeeltelik gemeubeleerde kombuis

Veilige parkering onder skadunet

Kontaknommers: 0812570999/0814016312

Gerieflike ruim tweeslaapkamer woonstel met baie ingeboude kaste agter in erf te huur. Naby Baines inkoop sentrum.   Beskikbaar vir 1 persoon @ N$6000 per maand water en krag ingesluit.  Kontak vir Lynne Rall 081 247 2232.

Gebedsgids

Ds Hein is met verlof tot einde April.

Belasb. vir ds. Evert Strydom (081 128 0757), ds. Dubois du Toit (081 401 3261) of die kerkkantoor (Jenny 251414) as jy weet van gemeentelede wat siek is. 

NUUTSTE KANKER:

Gert Aggenbag is weer tuis nadat hy Donderdag met immuunterapie begin het. Dit gaan beter maar hy het steeds baie pyn. Hy sal DV elke 3 weke die behandeling kry. (Gert 081 124 2336 en Koekoes 081 128 9319)

Alida Basson, haar man, Tobie (+81 289 8224 slegs teksboodskappe asb). Tans in die Kaap. Het die week binne-aarse vog gekry om nier funksies te verbeter, en Woensdag was die eerste bestraling sessie. Dink ook aan hul seuns JT en Jaco en haar moeder, Annatjie van der Merwe (081 288 3099) wat die fort hier in Windhoek moet hou.

Marietjie de Klerk (085 128 1405) het met nuwe pynbehandeling begin wat die pyn baie meer onder beheer bring. Die dokter het besluit om tot einde April met die huidige chemo voort te gaan al lyk dit of dit aanvanklik nie baie suksesvol is nie. Nuwe planne sal dan gemaak word….

Amanda en Bennie van der Merwe (+26481 272 9815) laat weet: Met Mia se ondersoeke het goed gegaan die week, dokter is tevrede en kon niks fout sien nie.Adriaan  sien Vrydag 12/3 die spesialis in die Kaap vir sy behandeling.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *