Gemeentebrief – 28 Mei 2021

Mense met n missie

Gemeentebrief – 28 Mei 2021

28th May 2021 Uncategorised 0

Goeie dag liewe vriende. Ons bevind onsself weer in ‘n tyd waar die inperkings strenger gemaak word, ons hoor van vriende, familie en kennise wat die lewe vaarwel roep, ons kom agter ons beur berg-op al vir meer as ‘n jaar en die dagbreek lyk so vêr daar voor.

God sê in sy woord 365 keer: moenie vrees nie – een keer vir elke dag van die jaar. Ook “Kom na My toe elkeen wat moeg en oorlaai is, Ek gee rus.” Ons word bemoedig: vertrou jou lewe toe aan die getoue Skepper en hou aan goed doen. Verder hoor ons en ervaar ons hoe goed dit is om mekaar te hê; ‘n familie van boetas en sussas in God.

Klou aan hierdie dinge vas as die lewe dreig om jou onder te kry!

Ons praat Sondag en die res van die Pinkster reeks oor die hoop wat daar in elkeen van ons is op die ‘lewe in oorvloed’ waarvan Jesus praat in Joh 10:10. ‘n Vooruitskoue na die ewige lewe wat vir elke bekeerling en vertroueling van Jesus voorlê. Ons praat oor die verskillende maniere wat mense nadink oor wie nou juis hierdie LEWE gaan erf – ons hoop om jou daar te sien!

SONDAG

PINKSTERFEES – REEKS BEGIN met die tema “Hoe goed is goed genoeg?”

  • 09:00   Gesamentlike Erediens (Saal) NAGMAAL
  • 09:00   Kleuterkerk
  • 09:45   KICK 
  • 10:00   Kom drink ‘n koppie tee/koeldrank
  • 18:00   Tienerkerk 

Dis belangrik dat almal asb. BAIE STRENG by die COVID-19 REËLINGS hou.  Jy moet ten alle tye jou masker op hê, ook tydens die erediens. 

Sosiale afstand binne en buite die kerkgebou!

Dankie dat ons op julle kan staatmaak! Dis vir ons almal se veiligheid…

MAANDAG 31 Mei

  • 09:30   Helplift
  • 18:00   Pinksterdiens (Saal)

DINSDAG 1 Junie

WOENSDAG 2 Junie

  • 09:00   Bybelstudie
  • 18:00   Pinksterdiens (Saal)

VRYDAG 4 Junie

18:00   GEMEENTEKUIER

SONDAG  6 Junie

Bevestiging van Nuwe Kerkraad

  • 09:00   Erediens (Kerk)
  • 09:00   Erediens (Saal)
  • 09:00   Kleuterkerk
  • 09:45   KICK 
  • 10:00   Kom drink ‘n koppie tee/koeldrank
  • 18:00   Tienerkerk 

MAANDAG 7 Junie

  • 09:30   Helplift
  • 18h00  Kerkraadsvergadering

DINSDAG 8 Junie

  • 18:00   Bybelskool
  • 18:00   Nuwe Intrekkerskuier

DONDERDAG 10 Junie

  • 18:00   Wyksouderlinge

Gemeentekuier:  4 Junie

  • Kom kuier Vrydagaand 4 Junie (18:00) heerlik saam!!  Nooi al jou vriende/familie. Die klimmuur, pool en tafeltennis sal ook beskikbaar wees vir ons kinders!

Etes:

  • ‘n 500ml Bakkie kerrie en rys @ N$45.00
  • ‘n   Boereworsrol (Hotdog) @ N$25.00
  • ‘n Bakkie poeding met vla @ N$ 15.00
  • Goeie moerkoffie en tee ook beskikbaar.
  • Koeldrank/sap en water sal te koop wees, maar jy is meer as welkom om jou eie drinkgoed te bring!

KOM ONDERSTEUN ONS EN KUIER LEKKER SAAM ASB!  (Die fondse gaan vir ons Sendelinge/Geloofsofferfonds!)

Enige navrae ds Hein 081 297 7653

Nuwe Intrekkerskuier:   8 Junie

Ons eerste Nuwe Intrekkers kuier vir die jaar is op Dinsdag 8 Junie om 18:00 hier by die kerk.  As jy nog nuut is in die gemeente en nie so ‘n kuier bygewoon het nie, wil ons jou graag nooi om te kom meemaak – bring die hele familie en kom kuier saam.

Doel?

  1. Om as voornemende lidmate verwelkom te word en die nodige inligting oor die gemeente te kry.
  2. Om mekaar en die predikante beter te leer ken.
  3. Daarna besluit jy / jou gesin self biddend waar julle wil inskakel.

Wat bring ek saam?  Niks – net jou gesin – d.w.s. kinders ook, asb!  Ligte aandete & drinkgoed word voorsien.  Bel die kerkkantoor  (251414) t.w.v. voorbereidings.

Verkiesing van nuwe kerkraad

Die volgende lidmate is verkies tot die nuwe kerkraad:

Günther Leicher, Dubois Du Toit, Evert Strydom, Hein Schaaf, Francie van der Merwe, Richard Becker, Sandra Van Rooyen, Ronelle Burger, Wendy Lombaard, Willem Burger, Gert Maritz, Gert Grobler, Karel Olivier, Erhard van der Merwe, Deon Van Zyl

Vakante kosterpos

Ons jarelange naweek-koster, Oom Allan Hoeksema, het afgetree!  Dankie Oom Allan vir jou onbaatsugtige diens al die jare.

Nou is ons op soek na ‘n nuwe naweek koster (Saterdag tot Sondagaand).  Kontak vir Francie, ons gemeentebestuurder, by 251414 / 081 256 8603 as jy wil aansoek doen of vir enige navrae. 

Doop:  2 de Termyn

Enige lidmate wat wil doop in Junie, Julie of Augustus moet asb. dringend met die kerkkantoor skakel.  Tel 251414 of stuur ‘n epos na ngks3@afol.com.na

Basaar:  30 Julie

Ons hou basaar Vrydag, 30 Julie!! Ons basaar komitee het Woensdag vergader en voorlopig is die reëlings soos volg:

Om vanaf 12h00 etes te verkoop met die stalletjies wat dan ook reeds oopmaak.

Ons wil regtig ‘n groot beroep op ons lidmate doen om vir ons te help met al die voorbereidings rondom die basaar. Ons sal telkens spesifieke behoeftes uitlig. In die banke in die kerk en in die saal is daar BELOFTELYSTE.  Voltooi asb. waar en hoe jy kan help.   

Die belangrikste is nou dat ons ’n groot behoefte het aan vleis. Groot asb!!!!

Kontak die kantoor 251414 of Oom Johan Erasmus by 085 561 1899.

Enige ander vrae rondom die basaar, kontak vir Esther Le Roux 081 275 5221.

Help asb om ons uitgawes vooraf te dek deur jou bydrae sommer nou al te gee! 

Die kerk se bank besonderhede: Bank Windhoek, Maerua Mall, Reknr:  1027397301 (Tjek), takkode:  483872. (gemerk Basaar) of daar is BASAARKOEVERTE by die deure in die vakkies beskikbaar

Dankie aan ons sameroepers!!

  • Vleiswerk:  Johan Erasmus  085 561 1899.
  • Sosaties:  Chrisna van Wyk  081 2590564
  • Braaiers:  Soek ‘n sameroeper
  • Koeke:  Esther Le Roux 081 275 5221 eleroux52@gmail.com
  • Oupa & Ouma, Speelgoed & Handgemaak: Annie Nel 081 297 7666/ 252054: 
  • Pannekoek:  Ina Nel 251266 of 081 127 3921 of Lenie Booysen 081 318 1470
  • Plante:  Retha Strydom 081 260 0436
  • Poeding:  Dinah Buitendag 081 242 1017 of dinahbui@iway.na  of Louna Reinders 081 124 7662  /  hinter@hinter.com.na
  • Etes:  Yvette Kinnaird 2995000 / 081 2602 339  
  • Teetuin:  Rolien Schaaf 081 293  3247
  • Vars produkte:  Marieta Le Roux 081 654 6533
  • Koeldrank:  Bernard Teichmann 081 250 0393
  • Afval:  Johan Louwrens 081 128 0700
  • Vleistafel Verkope: Soek ‘n sameroeper.

Ons soek suurlemoene groot asb!!!  Gee by kerkkantoor af.

Suiderhof HelpLift:  Hulp aan mense in Nood

  • Maandelikse kospakkies:

Daar is sakkies by die deure beskikbaar om voorrade vir mense in nood aan te vul.  Die sakkies met voorrade kan dan weer in die swart kratte by die deure gelos word.

  • Leë chips pakkies word slaapsakke!

Moet net aan die bokant oopgeskeur wees.  Plaas in swart kratte wat by die deure staan.

Ons benodig:

Droë Voedsel:

  • Split peas, Lensies, Ziplog toebroodjie sakkies,

Toilet ware:

  • Badseep, Sjampoe, Tandepasta, Onderarm sprei, toiletpapier,

Skoonmaakmiddels:

  • Pine Gel

Meubels:

  • 1 Yskas, Los stoele, Messe & Vurke, Komberse, Laai/hangkas, Voordeur, 2 X Kombuiskaste, TV Kas, Yskas/koelkas

Ander: 

  • Tamatiesous, Aanmaak koeldrank, Smeermiddels, Babaklere

Verjaardagwense:  Baie geluk!!

  • 30/05   Engela De Jager, Leanie Groenewald, Tertius Joubert, Tienus Olivier, Eddy Reed,
  • 31/05   Lina Brisley, Nellie De Wet, Leila Geldenhuys, Christo Genis, Carla Queiroz, Hayley Ann Schickerling,
  • 1/6       Alec Brewis, Rya Immelman, Morné Pretorius, Gert Tredoux, Sandra Van Rooyen,
  • 2/6       Marietjie Nel, Mario Simoes, Martie Tromp,
  • 3/6       Idonette Botha, Nina Byleveld, Sakkie Coetzee, Riley Nel, Wihan Pieters, Jacques Boltman, Maxine Stipp, Henriëtte Van Wyk,
  • 4/6       Kian Britz, Carel Gouws, Rese Louw, Vicky Nel,
  • 5/6       Jean Basson, Bernice Cronje, Sue-Lize Hennig, Binette Klein, Anrich Loftie-Eaton, Marius Louw, Dané Potieter, Willie Slabbert, lanna Smith, Chantal Van Niekerk, Pieter Van Zyl,

Gebedsgids

Belasb. vir ds. Hein Schaaf (081 297 7653), ds. Richard Becker (081 122 8112) of Jenny (251414) as jy weet van gemeentelede wat siek is.

Vir gebedsversoeke, of indien jy wil voorbidding doen deur ons gemeente se GEBEDSKRING – kontak vir Marie Dreyer 231337 / 081 128 5627 / e-pos: mdreyer@iway.na of Louna Reinders 081 124 7662 / e-pos hinter@hinter.com.na

MEEGEVOEL:

  • Ons dink aan Kobus Human (081 124 8173), sy dogters, Elana (081 268 7670) en die kinders en Nadine (081 270 1822).   Coreen is 9/5 Huis toe na sy baie siek was met Covid.  Geen begrafnis reëlings is nog bekend nie.  Kobus sterk tuis aan na hy ook positief vir Covid getoets is, tans nog op suurstof.  Bly bid vir hom en sy gesin.
  • Ons dink ook aan Francie van der  Merwe (ons gemeente bestuurder (081 256 8603) Henning Snyman (081 240 7601) en Ronel De Beer  (081 366 6456) met hul gesinne.  Tannie Malie Snyman is na ‘n lang siekbed op 24/5 oorlede.  Haar gedenkdiens is eerskomende Woensdag, 2/6 om 11:00 hier by ons in die kerk.
  • Claudia Hurter is ook op 24/5 aan Covid oorlede.  Haar gedenkdiens is 8/6 om 10:00 hier uit ons kerk gebou.  Dink aan haar seuns Cliff (081 127 0125) en Mark
  • Dink ook aan Mike en Johanna Baartman (081 129 2507). Johanna se pappie is ook onlangs op Aranos skielik oorlede. 

NUUTSTE SIEKES:

  • Klein Adriaan van der Merwe (13 maande): Na ‘n stresvolle Woensdag met ‘n vals positiewe uitslag en ‘n hertoets het Adriaan negatief getoets vir Covid en is hy en Amanda op pad Kaap toe vir behandeling.  Dankie dat jy saam bly bid EN TEKS- ONDERSTEUN via Amanda (+26481 272 9815).
  • Oom Lood de Jager (081 128 0809).  Die operasie gaan nie gedoen word nie a.g.v. verskeie redes.  Gaan nou voort met bestaande medikasie.  Bid vir genesing en leiding vir die pad vorentoe.
  • Jenny Louw (081 263 0045 slegs teksboodskappe asb.) is op pad Kaap toe (5/6) vir nog toetse.  Dink en bid vir haar en haar gesin.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *