Gemeentebrief – 27 Junie

Gemeentebrief – 27 Junie

24th Jun 2021 Uncategorised 0

Ons Verlosser was nie maar ‘n gewone mens met gewone ouers nie – Hy is die Seun van die lewende God, wonderbaarlik verwek deur die Heilige Gees in die maagd Maria. Waarlik God uit waarlik God. Die perfekte sonde-offer wat die sonde van die wêreld kon wegneem.

Dit is die Koning wie ons aanbid. Een wat nie aan sy goddelikheid vasgeklou het nie, maar bereid was om sy heilige hande vuil te maak deur dit in ons werklikheid in te steek, om die wat op Hom vertrou skoon en rein daaruit te haal.

Daar is geen lewe te donker of te vuil of te deurmekaar vir Hom om sy lig en sy lewe daarin te bring nie. Vertrou Hom, nader tot Hom en Hy sal tot jou nader.

‘n Geseënde week vir julle elkeen

Dubois

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *