Ek glo in die Heilige Gees

Ek glo in die Heilige Gees

30th Jul 2021 Uncategorised 0

  • Ysbreker
  • Vertel alles wat jy kan onthou of gehoor het oor jou geboorte.

______________________________________________________________________________

  • Inleiding
  • Hoe verstaan jy wedergeboorte?
  • Het jy ’n getuienis oor jou eie eerste ontmoeting met die Here?
  • Dink jy alle mense moet ’n ‘dag-en-datum’ hê waarop hulle tot bekering gekom het?
  • Hoe verstaan jy die werking van die Heilige Gees in die wêreld en in die lewe van gelowiges?

______________________________________________________________________________

  • Teks
  • Lees saam Johannes 3:1-11
    • Watter begrippe of vrae kom by jou op wanneer jy hierdie teks lees?
    • Jesus en Nikodemus het saamgestem oor die belangrikheid daarvan om die Koninkryk van God binne te gaan – hulle het wel verskillend gedink oor hoe mens daar ingaan – Fariseërs deur ‘reëls en rituele’ na te kom en Jesus deur ‘wedergeboorte’
      • Hoekom kan ‘reëls en rituele’ nakom mens nie in God se Koninkryk kry nie? (lees Rom 3:21-24 as julle vashaak)
    • Hoe verstaan jy ‘om uit Gees’ gebore te word?

______________________________________________________________________________

  • Inhoud
  • Wie kry die krediet vir ons wedergeboorte?
  • Wat is die verskil tussen ’n ‘onbekeerde en sonde’ en ’n ‘wedergebore Christen en sonde’?

______________________________________________________________________________

  • Toepassing
  • Hoe kan ek geloofsekerheid hê dat die Heilige Gees wedergeboorte in my gewerk het?

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *