Auas Hills

Mense Met 'n Missie

In Auas Hills Aftree-oord – vir mense bo 50 jaar – is daar ‘n gevestigde gemeenskap van gelowiges wat drie Sondae in die maand o.a. ‘n erediens in die gemeenskapsaal kan bywoon. In hierdie eredienste is God se teenwoordigheid en ons ontmoeting met Hom vir ons die belangrikste. Ons het ‘n tradisionele styl. Die erediens is relevant vir enigiemand – ook van buite Auas Hills – wat saam na die Here en Sy wil en Woord vir jou lewe hier kom soek. Sommige inwoners gaan woon ook nog hulle eie kerke by op Sondae; of wanneer dit vir hulle die betrokke dag beter werk, kom woon hulle die plaaslike kerk in Auas Hills by.

Elke Dinsdag hou ons Bybelstudie in die gemeenskapsaal. Hier het ons ook mekaar se vriende geword wat baie van ons lewens met mekaar deel en saam kuier, en waar gebed vir ons belangrik is, en ons dit waag en regkry om heerlik saam te sing.

Onderlinge omgee en versorging is ‘n belangrike deel van ons gemeenskap by Auas Hills se bediening. As pastorale hulp van NG Kerk Suiderhof is ds. Richard Becker ook betrokke by die gemeenskap van Auas Hills, en doen ook besoeke in die Khomas Mediese Sentrum daar. Party inwoners neem dit spontaan op hulle om besoeke te doen en te ondersteun en te bid vir mekaar, ook by pasiënte of permanente inwoners in hierdie mediese sentrum.

In hierdie bediening strewe ons daarna om al beter saam met ons teenwoordige Here Jesus Christus en Sy Gees te lewe, om so met Sy nuwe lewe in ons vir God in ons daaglikse lewe te antwoord met ‘n afhanklik-vertrouende, geseënde God-verheerlikende ingesteldheid.

Maak Kontak:

  • Elsabé Steenkamp +264 811659528
  • Nellie Britz +264 812398830
  • Ds. Richard Becker +264 811228112