Vanuit ons visie is dit ’n groot fokus om lidmate en leiers te bemagtig om volgelinge van Jesus te wees. Verskeie kursusse en toerusting is reeds aan die gang of word beplan.
Hoe om betrokke te raak:
· Preekreekse: Deur die jaar word verskillende reekse tydens eredienste behandel.
· Bybelskool oorsigkursus: Die oorsigkursus van die Bybelskool, waar die hele Bybel in ’n jaar deurgewerk word, word op Dinsdae oggende en aande aangebied. Inname vir die kursus is elke jaar in Januarie. Dit bly ’n wonderlike geleentheid vir elkeen wat inskryf om die Bybel so deur te werk.
· Bybelskool Diepte kursus: Die diepte kursus doen kort kursusse deur die jaar waar spesifieke temas of Bybelboeke bestudeer word. 34 studente is hierby betrokke! Party doen dit op hulle eie aanlyn en die res kom Woensdagaande by die kerk bymekaar. Almal wat die oorsigkursus gedoen het, kan hierby inskakel.
· Beplanning: Kursusse wat gedurende die jaar aangebied gaan word gaan oor manne toe te rus as pa, vrouens toe te rus as ma, christelike finansiële beplanning, asook ’n gawe en diensprofiel kursus. Dr Francois Carr, ’n bekend skrywer en begeleier in dissipelskap, kom in Meimaand ons pinksterreeks aanbied.
Maak kontak:
- Ds. Evert Strydom (+264) 81 128 0757