Gesinsdiens

Die fokus van ons Gesinsdiens is om ‘n ruimte te skep waar ‘n veelvoud van generasies saam kan aanbid en geestelik tuiskom as ‘n organiese eenheid. Ons besef hoe belangrik dit is vir die standhoudendheid en impak van gemeentes dat generasies nie in verskeie ‘kerke-binne-kerke’ opgedeel word nie, maar die geleentheid gegun word om by mekaar te leer, mekaar te mentor en mekaar te dien.

Die informele atmosfeer en kontemporêre styl voorsien dat:

  1. ouers met baba’s en klein kinders welkom voel binne die diens
  2. kinders nie beleef dat daar oor hul koppe gepraat word en dat hulle bloot ornamentele toevoegings tot die diens is nie.

Hoe om betrokke te raak:

  • Ons is dankbaar vir ‘n band wat deur lede van die Gesinsdiens behartig word. Ons verwelkom nuwe musikante en wil graag ook jong en onervare musikante die geleentheid gee om latente gawes te ontgun.
  • Een van die groot vreugdes van ons Gesinsdiens is die poppekas. Dit is ‘n faset van die erediens wat volkome deur lede van die Gesinsdiens behartig word – in oorleg met die betrokke predikant. Ons verwelkom graag nuwe lede wat ‘n passie het om op eenvoudige wyse vir kinders God se waarheid oor te dra

Maak kontak:

  • Petronella Genis (Poppekas) +264 81 279 5275
  • Werner Du Plessis (Band) +264 81 478 8155
  • Ds. Dubois du Toit +264 81 401 3261