KICK (Juniors)

KICK is ‘n akroniem vir ‘Kinders In Christus se Kerk’. Die fokus van ons Junior-jeug bediening (Gr.1-Gr.6) is tweeledig:

  • Eerstens wil ons ’n liefde by die kinders kweek vir die God van die Woord en vir die Woord van God.
  • Tweedens wil ons ’n liefde by die kinders kweek vir deel-wees van die liggaam van Christus soos wat dit gestalte vind in die plaaslike gemeente.

Om hierdie twee fokusse te realiseer is ons junior-jeug bediening as volg gestruktureer:

  • Ons Sondagoggend gesinsdiens (09:00 in die kerksaal) word so saamgestel en aangebied dat die kinders saam met hul ouers daarin tuiskom en die inhoud van die boodskap verstaan
  • Net voor die afsluiting van die diens (09:50) word die kinders verdaag saam met hul mentors na hul kategese groepe. By hierdie geleentheid word die inhoud van die preek op ’n baie eenvoudige en praktiese manier vasgelê. Ons lê ook baie klem daarop dat die kinders ’n mooi vertrouensverhouding met hul mentor sal kweek en ’n liefde vir die ander kinders in hul groep sal ontwikkel, sodat omgee en voorbidding op natuurlike wyse sal begin gebeur.
  • Daar is gewoonlik in Februarie’n Gr1-3 oorslaap in die saal – waar ons speel, braai, ’n boodskap hanteer en ’n gepaste fliek kyk. Dit is ook ’n goeie geleentheid vir ouers om met gemoedsrus alleen met mekaar bietjie tyd te spandeer.
  • Daar is ook gewoonlik ’n KICK kamp in Februarie waar ons die Gr4-6 groep vir ’n naweek uit die dorp neem op ’n tipe eiland situasie waar die kinders gehalte tyd met mekaar en hul mentor kan spandeer om groep-kohesie vir die jaar te vestig, sowel as om geleentheid te gee vir meer in-diepte inhoudsoordrag. Daar word gewoonlik ook tyd ingeruim vir avontuur.

Hoe om betrokke te raak:

  • Ons verwelkom volwasse gelowiges met ‘n passie vir kinders om as mentors vir groep toe te tree
  • Skenkings vir ons kamp en oorslaap word altyd van harte waardeer
  • Voorbidding vir die geloofsvorming van die kinders by hul ouerhuise en by die gemeente en die realisering van ons twee fokusse vir hierdie bediening

Maak kontak:

  • Willem Burger +264 81 129 2519
  • Ds. Dubois du Toit +264 81 401 3261