Ons is bevoorreg om gelyktydig twee eredienste te hou, elk met ’n eie styl. Die erediens in die kerk het ’n ontspanne maar meer klassieke styl. Ons het ’n baie bekwame orrelis en sang speel ’n belangrike rol in ons erediens. Uiteindelik is ons fokus ’n Gees-geïnspireerde erediens waar mense hulle verbintenis met God en mekaar ervaar en vier.
Na die erediens kuier beide erediens bywoners saam om ’n koppie tee en koek om ons eenheid as gemeente te versterk.
Hoe om betrokke te raak:
- Ons ons is trots op ons kerkkoor wat onder leiding van ons orrelis van tyd-tot- tyd deelneem aan die erediens. Nuwe koorlede is deurentyd welkom.
- Ons wil die klank, opnames en uitsendings asook ander tegniese aspekte so professioneel as moontlik doen en het hulp nodig. Opleiding kan gereël word soos wat dit van toespassing is.
- As deel van die kerklike jaar het ons ’n paar besondere eredienste waar ons ekstra moeite doen soos bv. Belydenis van Geloof, Kersdag, Goeie Vrydag, Paassondag en Pinkster. Ons het hulp met beplanning en dekor is nodig.
Maak kontak:
Ebbie Becker (koor) (+264) 81 207 7801
Ds. Evert Strydom (+264) 81 128 0757