Oppidam Kampterrein

Mense Met 'n Missie

Ons gemeente, in vennootskap met die Windhoek roeiklub, beskik oor ‘n Kampterrein by Oanob dam buite Rehoboth. Hierdie terrein is beskikbaar vir groepe van enige grootte tot ‘n maksimum van 80 mense.

Die kampterrein beskik oor ‘n netjiese en doelmatige infrastruktuur, o.a:

  • ‘n Groot kombuis met yskas, stowe, microgolf en instap koelkamer
  • Toilette en storte
  • ‘n Groot onderdak saal – met tafels en stoele
  • Twee dubbelbed-kamers met en suite badkamers en een sonder die badkamer
  • ‘n Groot gemeenskaplike kamer.
  • Kampplek vir tente en karavane ongeveer 50m weg van die saal area
  • en ‘n natuurlike boat-launch area (ook lekker vir swem) ongeveer 30m van die saal area
  • Daar is ‘n in-bly terreinopsigter permanent op die perseĆ«l

Die koste beloop as volg:

  • R158pp/per nag vir kampeerders wat nie lidmate van Suiderhof Gemeente is nie
  • R53pp/nag vir lidmate van Suiderhof Gemeente
  • Kinders onder 6 kamp verniet
  • Koelkamer R210/nag (as die yskas nie voldoende is vir die groep grootte nie)
  • Eenmalige R30 kontant toegang fooi per persoon by die Lake Oanob ingang (niks met die kampterrein te make nie)

Besprekings:

Stuur gerus ‘n epos aan Silke Tait om ‘n bespreking te maak by oppiedamkamp@gmail.com

Aanwysings:

  • Reg voor Rehoboth (komende van Windhoek) sal daar ‘n bord wees vir die grondpad afdraai na Oanob dam (Lake Oanob Resort) op regs
  • Ry reguit aan met daardie pad tot by die Oanob dam se hek waar toegang gelde betaal moet word
  • Hou reguit aan met die pad totdat die ontvangs van Oanob Lodge op links gesien word
  • Vat die eerste afdraai na regs net na die ontvangs (dit sal jou by die rondawels verby neem)
  • Daar sal ‘n hek kom reg by ‘n aantal groente tonnels (die personneel maak die hek oop tydens werksure – dit sal oopstaan na werksure)
  • Hou regs na die hek en hou aan met die pad
  • Vat die eerste afdraai na regs na die geplaveide bult
  • Daar sal ‘n vurk in die pad kom met ‘n klein baksteen merker voor – vat die linkerkantste pad
  • Die kampterrein sal net na die vurk op links sigbaar wees
  • Na die driffie in die pad draai links af na die kampterrein