Tienerbediening

Met ons tienerbediening poog ons om op ‘n holistiese wyse in die tieners se lewens in te bou. Dit beteken kop, hart en hand.

Met die oog op hierdie fokus bied ons verskeie geleenthede aan:

  • ‘n Aanddiens (Skemerkerk, Sondae 18:00-18:45) wat spesifiek gemik is op jongmense tussen die ouderdom van 13-18 en hul ouers. Na afloop van die diens (18:45-19:30) kom die verskillende ouderdomsgroepe saam met hul mentor bymekaar om die inhoud van die boodskap te bespreek en ook om met mekaar te ‘connect’ en voorbidding vir die week te doen.
  • Die aanddiens se lofprysing en aanbiddings-geleentheid word deur ‘n tiener-band behartig. Ons beskou dit as ‘n geweldige goeie geleentheid om musikale talent te ontwikkel en te koester.
  • Daar word deur die jaar een tienerkamp – gewoonlik in Februarie – en twee Belydeniskampe – een in in die eerste termyn en een in die laaste termyn – aangebied. Die doel van hierdie kampe is om ‘n eiland-situasie te skep waar die tieners gehalte tyd met mekaar en hul mentor kan spandeer om groep-kohesie vir die jaar te vestig, sowel as om geleentheid te gee vir meer in-diepte inhoudsoordrag. Daar word gewoonlik ook tyd ingeruim vir avontuur en ‘n kort uitreik na die naaste dorp.
  • Plaaslike uitreike word sporadies deur die jaar behartig, gewoonlik op Sondae-aande na afloop van ‘n preek-reeks. Elke graadgroep het ‘n onderneming wat hul ondersteun. Op hierdie vasgestelde aande gaan hul dus saam met hul mentor om daaraan aandag te gee.
  • Ons gemeente het ook twee langtermyn uitreik-aksies – een na Brandberg en een na Angola – waaraan ons ook graag die tieners wil blootstel.

Hoe om betrokke te raak:

  • Ons verwelkom volwasse gelowiges met ‘n passie vir jong mense om as mentors vir die tieners toe te tree
  • Skenkings vir ons verskeie kampe en uitreike word altyd van harte waardeer
  • Voorbidding vir die behoud van ons tieners se geloof en dissipelskap in ‘n wêreld wat hierdie dinge vyandig gesind is

Maak kontak:

  • Tertia Brislet +264 81 431 0211
  • Ds. Dubois du Toit +264 81 401 3261