God se liefde 2 – God is liefde

God se liefde 2 – God is liefde

May 6, 2022 Uncategorized 0

Uitkomste: Ons verstaan dat ‘God is liefde’ nie beteken God = liefde nie. Liefde vind sy oorsprong in God en kan nie op dieselfde vlak as God gestel word, dat die term ‘liefde’ en ‘God’ uitruilbaar raak en die som liefde = God ook klop nie. Ons verstaan verder die doktrine van ‘Goddelike eenvoud’: dat God nie dele het nie, dat al sy eienskappe perfek met mekaar geïntegreer is. Wanneer ons dan sê ‘God is liefde’ bedoel ons: God definieer liefde, God is die standaard, die ideaal waarvolgens ons ‘liefde’ aflei – ons kan nie van ons eie verstaan (of die kultuur se verstaan) van liefde op-redeneer en daarvolgens ’n prentjie van God skets nie.

  • Ysbreker
  • Wat is die grootste liefdes-teleurstelling wat jy al beleef het?
    1. Om ’n teleurstelling te beleef beteken dat jy ’n standaard het vir hoe daar binne ’n liefdesverhouding opgetree moet word – waar het jy jou standaard vir liefde gekry?

______________________________________________________________________________

  • Inleiding
  • Op die oor-af, wat dink jy is die gemiddelde persoon se afleiding wat hulle maak oor God wanneer hulle hoor ‘God is liefde’?
    • In jou persoonlike kringe – hoe gebruik mense hierdie stelling om onbybelse gedrag te regverdig?
  • Wat verstaan jy rondom die doktrine (leerstelling) van ‘Goddelike eenvoud’ (klik op die link vir ’n kort Youtube verduideliking)
    • Is hierdie doktrine behulpsaam in jou verstaan van die stelling ‘God is liefde’?

______________________________________________________________________________

  • Teks
  • Lees saam 1 Joh. 4:7-11
    • Volgens hierdie teks – dink jy Johannes sou toegee dat daar ’n verkeerde manier van ‘liefhê’ is?
    • Wat is sy definisie van liefde?
  • Lees Jes. 40:13-14 en Jon 39:35
    • Wat sê hierdie twee tekste vir ons oor God?

______________________________________________________________________________

  • Inhoud
  • Hoekom dink jy is dit so belangrik dat ons die regte verstaan het van Bybelse liefde?
    • Gaan dit enige iets aan ons optrede verander as ons verstaan van liefde verander? Hoekom/nie?

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *