‘n Lewe wat pas by die geloof

‘n Lewe wat pas by die geloof

January 12, 2024 Uncategorized 0

Uitkomste: Ons verstaan dat ’n reddende geloof ’n spesifieke leefstyl tot gevolg sal hê; ’n leefstyl wat al meer begin lyk na die beeld van Jesus. Ons verstaan daarom dat ons verlossing ’n proses is waar ons nie net gered is van die straf van sonde nie (regverdigmaking), maar ook al meer gered word van die mag van sonde (heiligmaking) en eendag gered sal word van die teenwoordigheid van sonde (verheerliking). Dit is daarom noodsaaklik dat ons geloof lewendig sal wees en sal groei, nie staties nie.

  • Ysbreker
  • As jy een ding aan jouself kon verander, wat sou dit wees?
  • As jy een ding vir die res van jou lewe dieselfde kon hou, wat sal dit wees?

______________________________________________________________________________

  • Inleiding
  • Wat verstaan jy onder die term ‘heiligmaking’?
    • Hoe verskil dit van ‘regverdigmaking’?
  • Hoekom is dit nodig dat ’n Christen se leefstyl pas by die geloof wat hul bely?

______________________________________________________________________________

  • Teks
  • Lees saam Lukas 3:7-14
    • Wat was Johannes se groot probleem met die skares wat gekom het om gedoop te word?
      • Is daar parallelle in hierdie teks wat ons kan trek na moderne Christene?
    • Wat was Johannes se antwoord vir die lewe wat pas by die geloof?

______________________________________________________________________________

  • Inhoud
    • Wanneer jy hoor ‘’n Christen se lewe moet heilig wees’, wat is jou verstaan van hoe so ’n lewe lyk?

______________________________________________________________________________

  • Toepassing
  • Gesels oor die volgende aanhaling – stem jy saam, stem jy nie saam nie, is daar ondersteuning hiervoor uit die Skrif:
    • “If following Jesus isn’t changing you, you might not be following Jesus. If you can spend time with Jesus and walk away without a punch list of things that you need to get right, You probably didn’t spend time with Him, because He’s perfect. He has a standard of how you and I are supposed to navigate issues, and if you’re spending time with Jesus and not being transformed by Him, chances are it’s not Jesus that you’re hanging out with, because Jesus changes people” Onbekend

Noem 2-3 drie dinge waartoe jy jou verbind om meer aandag te gee oor die volgende paar weke en waarvoor jou groep vir jou kan bid, wat jou in staat sal stel om ’n heiliger lewe voor God te leef

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *