Bybelse manwees
Uitkomste: Ons verstaan God se opdrag vir man en vrou in die huwelik is om Christus en sy kerk (bruid) uit te beeld – ons verstaan man en vrou het verskillende rolle in die huwelik, alhoewel beide ’n oefening in ‘onderdanigheid aan mekaar uit eerbied vir Christus’ is. Ons verstaan ook dag God aan die man ’n baie spesifieke leierskap opdrag gee in die huwelik, met die einddoel: lei jou vrou en kinders na Jesus
Ysbreker
- As jy hoor ‘speel die man’ watter gedagtes kom in jou kop op?
- As Dawid se bevelvoerder in 2 Sam 10:12 (KJV) sê “Let us play the men for our people and for the cities of God”, wat dink jy beteken ‘speel die man’ hier?
______________________________________________________________________________
Inleiding
- Som dit wat jy in die preek gehoor het in een sin op?
- Hoekom dink jy sê beide Jesus (Matt. 19:9-11) en Paulus (1 Kor. 7:6-9) dat dit ’n gawe is om in die huwelik te staan, en dat dit ’n gawe is wat nie aan alle mense gegee word nie?
- Wat hoor jy in die volgende aanhaling: “Marriage will either kill a boy or a boy will kill a marriage. Marriage is a ministry and ministry requires maturity”
______________________________________________________________________________
Teks
- Lees saam Ef. 5:21-29
- Wat sê hierdie teks vir ons oor God?
- Wat sê hierdie teks vir ons oor die mens?
- Wat sê hierdie teks vir ons om te doen?
- Hoekom dink jy het baie mense so ’n afkeur in Ef. 5 se verwagting van die man en van die vrou?
______________________________________________________________________________
Toepassing
Gaan sit bietjie met hierdie vraag wat God implisiet van ons as mans vra in sy opdragte aan ons rondom die hantering van sy dogters:
As jy getroud is:
- “My seun, het jy my dogter en my kinders wat ek jou geleen het – wat nie jou besittings is nie, maar gawes uit my hand – het jy haar liefgehad soos wat Jesus die kerk liefgehad het; het jy hulle gelei na die voorbeeld van Christus?”
- Ja, Here – nee Here – nie soos ek moes nie Here?
En as jy nog nie getroud is nie, maar jy is in verhouding met ’n meisie, en God moes jou vandag afvra:
- “My seun, is jy besig om my dogter te hanteer soos ’n geliefde suster in Christus,
- soos een waarvoor jy nog nie toestemming het om een vlees mee te word nie –
- soos een wat selfs dalk nie vir jou bedoel is nie, maar dalk eerder vir ’n ander broer in Christus –
- is haar reputasie as my dogter en haar heiligheid, en is jou reputasie as my seun en jou heiligheid, jou prioriteit
- lei jy haar na die kruis, of lei jy haar na die kamer?”
- Ja, Here – nee Here – nie soos ek moet nie Here?