Bybelse huwelik

Bybelse huwelik

September 12, 2026 Uncategorized 0

Uitkomste: Ons verstaan Jesus se definisie van die huwelik as “Een man en een vrou word een vlees vir een leeftyd.” Ons verstaan dat die huwelik deur God ingestel is met ’n bepaalde doel en nie deur mense om ‘n menslike behoefte te bevredig nie. Ons verstaan daarom dat die doel van die huwelik nie is om my gelukkig te maak nie, maar om my heilig te maak.

Inleiding

  • Som dit wat jy in die preek gehoor het in een sin op?
  • Bespreek die stellings:
    • “Soos wat die huwelike gaan, so gaan die samelewing”
    • “Die huwelik se funksie is nie om jou gelukkig te maak nie, maar om jou heilig te maak”

______________________________________________________________________________

Teks

  • Lees saam Gen. 1:27-28 en Matt. 19:3-6
    • Wat sê hierdie teks vir ons oor God?
    • Wat sê hierdie teks vir ons oor die mens?
    • Wat sê hierdie teks vir ons om te doen?
  • Is hierdie ’n akkurate samevatting van God se definisie van die huwelik: “een man en een vrou word een vlees vir een leeftyd”?

______________________________________________________________________________

Toepassing

  • Gegewe jou persoonlike uitgangspunt oor die huweliksreeks (ek is té jonk om al hieroor te dink/ek is té oud om nog hieroor te dink/ek het ‘n slegte voorbeeld gehad so stel nie belang nie/ek het die huwelik probeer maar dit het nie gewerk nie) wat dink jy kan die waarde wees van hierdie reeks vir jou?

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *