Dink Bybels oor…Ouerskap

Dink Bybels oor…Ouerskap

September 8, 2022 Uncategorized 1

Uitkomste: Ons verstaan dat ouerskap ‘n Goddelike opdrag is omdat dit een van die 3 primêre funksies van die huwelik is soos verlede keer gesels: die voortsetting van ‘n Goddelike nageslag. Ons bevestig die belangrikheid van ouers wat die geloof aan hul kinders ‘leer’ en ‘modelleer’ beide om die inhoud van hul geloof vas te lê, maar ook vir die kinders ’n wesenlike prentjie daar te stel van Wie God as ons Vader vir ons wil wees.

  • Ysbreker
  • Wat is/was een van die uniekste reëls in jul huis gewees?

______________________________________________________________________________

  • Inleiding
  • Dink jy dat dit regverdig is om ’n groot deel van die wêreld se huidige probleme voor die deur van ‘ouerskap’ te lê? Verduidelik hoekom jy so dink
  • Dink jy dat mens die groterwordende ‘ongodsdienstigheid’/’ongelowigheid’ wat daar in die wêreld te bespeur is voor die deur van ouerskap kan lê?
  • Hoe verstaan jy die kern aanhaling van die preek: ‘Faith is both caught and taught’? (Geloof word beide geleer en gemodelleer)

______________________________________________________________________________

  • Teks
  • Lees saam Deut. 6:4-9
    • Strook hierdie teks met bogenoemde aanhaling?
    • Hoekom dink jy is dié opdrag oor ouerskap so indringend en amper oordadig gestel?
  • Stem jy saam met Spr. 13:24 “24Wie sy seun nie straf nie, het hom nie lief nie; as hy hom liefhet, sal hy hom straf wanneer dit nodig is.”
    • Hoekom dink jy is mense vandag so teen die konsep van straf?
      • Dink jy dis vir beter of slegter?

______________________________________________________________________________

  • Toepassing
  • Gee ’n punt uit 10 vir die uitvoer van die ‘eer jou vader en jou moeder’ gebod in jou huis?
  • Wat sou jou raad aan iemand wees wat reken dat hul ouers nie hul eer waardig is nie?
  • Deel die beste praktiese ouerskap raad wat jy het met jou groep

One Response

  1. Rinie says:

    Almal betrokke behoort goed oor hierdie uiters belangrike aspek in almal se lewe na te dink en iets daaraan te doen.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *