‘n Besluit of ‘n Toewyding?
Uitkomste: Ons verstaan dat daar ‘n belangrike onderskeid is tussen om bloot ’n besluit vir Jesus te maak wat niks aan jou leefstyl verander nie en om ’n toewyding te maak wat Jesus toelaat om as’t ware totaal in jou lewe in te meng.
- Ysbreker
- Vertel van iets waarvoor jy al ja gesê het en dadelik daarna spyt was jy het?
- In watter opsig is dit hoe baie Christene voel oor hulle besluit vir Jesus?
______________________________________________________________________________
- Inleiding
- Hoe verstaan jy die verskil tussen ’n besluit en ’n toewyding?
- Kan jy aan ’n paar voorbeelde dink waar die onderskeid duidelik raak?
- Kyk die volgende 2 video-uittreksels van Jesus se ontmoeting met Nikodemus en sy uitnodiging wat toe nie aanvaar is nie
- 1) https://youtu.be/_p2XIUK9VgA?t=440 – of soek op Youtube vir The Chosen scene: John 3:16
- 2) https://youtu.be/lJV68LQNOt4 – of soek op Youtube vir Invitation to Nicodemus /You came so close / The Chosen /Season 1
- Wat ervaar jy wanneer jy hierdie 2 video-uittreksels kyk?
- Stem jy saam met hierdie aanhaling uit die boek ‘Not a Fan’ )“So, Nikodemus finds himself at what would seem to be a surprising crossroads. He would have to choose between religion and a relationship with Jesus. This wouldn’t be the last time that religion would get in the way of someone following Jesus. There is no way to truly become a follower of Jesus without losing your religion”
______________________________________________________________________________
- Teks
- Lees saam Joh. 3:1-6
- Hoekom het Nikodemus besluit om in die nag na Jesus te kom?
- Hoekom dink jy is Jesus se eerste woorde aan Nikodemus dat hy ‘weergebore’ moet word?
- Wat is die onderskeid tussen ‘uit water’ gebore wees en ‘uit Gees’ gebore wees?
______________________________________________________________________________
- Inhoud
- Uit die aard van die saak was Nikodemus se groot worsteling met wat dit hom sou kos om Jesus se ‘follower’ te raak
- Gesels bietjie oor die tipe dinge wat dit Christene ‘kos’ om Jesus se volgelinge te wees?
- Watter tipe dinge is vir Christene die moeilikste om op te gee in die navolging van Jesus?
- In Romeine 1:5 bring Paulus die 2 begrippe ‘geloof’ en ‘gehoorsaamheid’ bymekaar – in die 2020 vertaling word dit bloot met ‘geloofsgehoorsaamheid’ vertaal
- Hoekom hoort geloof en gehoorsaamheid bymekaar en kan sommige Christene nie maar geloof en ander Christene gehoorsaamheid hê nie?
______________________________________________________________________________
- Toepassing
- Kyk na jou eie lewe en wat dit jou al fisies gekos het om Jesus te volg?
- Identifiseer watter ‘koste’ is jy nie/nog-nie bereid om te betaal nie?
- Dalk ’n toksiese/sondige verhouding
- Dalk ’n onwettige manier van geldmaak
- Dalk ’n stiltetyd roetine
- Dalk ’n ongesonde ambisie wat jou weg van jou taak gaan neem
- Maak hierdie onwilligheid ’n saak van gebed
- Identifiseer watter ‘koste’ is jy nie/nog-nie bereid om te betaal nie?
One Response
Amen