Die waarde van waarheid

Die waarde van waarheid

October 31, 2026 Uncategorized 0

Uitkomste: Ons verstaan dat ons as Christene glo in ‘n objektiewe waarheid buite onsself, buite ons ervaring/interpretasie en onafhanklik van ons gevoel daaroor. Ons verstaan dat Christene die waarheid lief het omdat God nie net die waarheid geskep het nie, maar self die waarheid is. Ons verstaan dat waarheid is hoe die werklikheid werklik is, nie hoe ons wil hê dit moet wees nie.

Ysbreker

  • Gee vir elkeen kans om ’n feit oor hulself te vertel en laat die groep dan elke keer antwoord met “dis net jou opinie”
    • Hoe voel dit wanneer iemand vir jou sê jou feit is net ’n opinie?
    • Hoe is dit ’n probleem wanneer mense feite as opinies begin sien?

______________________________________________________________________________

Inleiding

  • Som dit wat jy in die preek gehoor het in een sin op?
  • Wat beteken dit as ons sê “Christene het die waarheid lief”?
  • Bespreek die stelling: “chaos is wanneer die mens sy eie werklikheid probeer skep deur sy eie waarheid te praat”

______________________________________________________________________________

Teks

  • Lees saam Matt. 5:33-37 en Hand 17:10-11
    • Wat sê hierdie teks vir ons oor God?
    • Wat sê hierdie teks vir ons oor die mens?
    • Wat sê hierdie teks vir ons om te doen?

______________________________________________________________________________

Toepassing

Waar is jy besig om vir jouself, vir God of vir iemand anders te jok oor iets? Hoe kan jy dit regstel?

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *