Kennis van- of Intimiteit met

Kennis van- of Intimiteit met

February 16, 2023 Uncategorized 0

Uitkomste: Ons verstaan dat daar ’n wesenlike onderskeid is tussen blote ‘kennis van God’ en ‘intimiteit met God’. Intimiteit met God impliseer ’n basis kennis en ook ’n groeiende kennis van God, maar dit is heel moontlik om kennis van God te hê sonder enige vorm van intimiteit. God se eerste ‘behoefte’ is intimiteit met sy skepsels.

  • Ysbreker
  • Vertel van die keer wat jy liefde of vriendskap vir iemand anders aangebied het en hulle dit nie aanvaar het of terug aangebied het nie (die keer toe jy ge-friendzone is)
    • Hoe is hierdie dinamika baie keer van toepassing op ons verhouding met God?

______________________________________________________________________________

  • Inleiding
  • Dink jy dit is moontlik om kennis van God te hê sonder om ’n verhouding met Hom te hê?
    • Watter tipe ingesteldheid moet mens teenoor God hê om kennis oor Hom te wil hê maar nie ’n verhouding nie?
  • Dink jy dit is moontlik om ’n verhouding met God te hê sonder om kennis van Hom te hê?
    • In watter opsig sou jy sê is kennis-van-iemand en verhouding-met-iemand aan mekaar verbind?

______________________________________________________________________________

  • Teks
  • Lees saam Openb. 3:15-22
    • Wat was Jesus se aantyging teen die gemeente in Laodisea?
    • Wat het Hy Hom voorgeneem om te doen weens hierdie gemeente se ingesteldheid teenoor Hom?
    • Wat sê vers 19-20 vir ons oor Jesus se ingesteldheid teenoor hierdie gemeente, selfs in die lig van hul ingesteldheid teenoor Hom?
    • Hoekom klop en wag Jesus by die deur en gebruik Hy nie sommer sy oorweldigende mag om in te kom nie?

______________________________________________________________________________

  • Inhoud
  • Hoekom dink jy is baie mense (selfs Christene) so bang/traag om vanaf ‘kennis oor God’ te beweeg na ‘verhouding met God’ – of selfs ‘intimiteit met God’?
  • Wat dink jy is die langtermyn uitwerking daarvan op die Christen se geloof deur vir God respekvol te hanteer, maar op ‘armlengte’ te hou?

______________________________________________________________________________

  • Toepassing
  • Hoe het dit met verlede week se uitdaging gegaan?
  • Hierdie week se praktiese toepassing – evalueer jou verhouding met God o.g.v. die 3 punte wat intimiteit in enige verhouding bring en maak nodige aanpassings:
    • Gee van jou tyd – ongeforseerde, ongestruktureerde, uithang tyd met God
    • Deursigtigheid – jy praat nie in formules of rympies met jou beste pel nie
    • Onderdanigheid – dit gaan meer oor die ander persoon se belange as oor my eie

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *