Dink Bybels oor…die toekoms van die kerk
Uitkomste: Ons verstaan dat God ’n kerk vir sy missie in die wêreld het. Ons verstaan dat God se missie nog nooit verander het nie – ‘wys mense na Christus’. Ons besef dat daar verskeie maniere is hoe ons gehoor aan God se missie skeefgetrek kan word; Jesus het ons self daaraan herinner. Die eenvoudige riglyn wat Jesus ons wel gee om altyd ons gehoorsaamheid aan te toets is: laat die kindertjies na my toe kom en moet hulle nie verhinder nie.
- Ysbreker
- Wat is jou gunsteling (skoon) grappie oor die kerk of iets wat kerk-verwant is?
- Wat is die sentiment wat agter baie van die grappies oor die kerk lê?
______________________________________________________________________________
- Inleiding
- In die preek was die metafoor van kerk-as-skip gebruik:
- Jesus is die stuurman – maar Hy kan maklik ook verruil word vir een van ons en slegs die figuur vooraan die skip se boeg raak
- Die Heilige Gees is die wind in die seile – of dit kan die gees van die tyd wees
- Die roer is geloof, hoop en gehoorsaamheid – dit kan ook enige van die vele ideologieë van vandag word
- Die vrag is God se waarheid – of dit kan vervang word met menslike voorkeur
- Is die metafoor van kerk-as-skip vir jou ’n gepaste metafoor?
- Waar skiet dit te kort of hoe kan jy die metafoor uitbrei?
- Is die metafoor van kerk-as-skip vir jou ’n gepaste metafoor?
- Prof. Malan Nel het die volgende metafoor vir die kerk gebruik: ”Die kerk is ’n soek geselskap wat God se werk in Gen. 3 voortsit”
- Hoekom is dit nodig dat mense deur God gesoek word (kyk na Gen. 3)? Is dit nie eerder die geval dat ons vir God moet soek nie?
______________________________________________________________________________
- Teks
- Watter kommentaar lewer 1 Tim 2:3-4 oor die dringendheid van die funksie van die kerk?
- Luk. 17:1-2
- Hier is een van die enigste plekke in die Nuwe Testament waar Jesus ’n dreigement maak – hoekom dit jy is hierdie punt vir Hom so belangrik?
- Lees Luk. 18:6 saam
- Hier is een van die enigste plekke in die Nuwe Testament waar Jesus ’n dreigement maak – hoekom dit jy is hierdie punt vir Hom so belangrik?
______________________________________________________________________________
- Toepassing
Robert Louis Stevenson, die skrywer van die geliefde ‘Treasure Island’, vertel van ’n storm wat ’n SKIP getref het, nie vêr van ’n rotsagtige kus af nie, en het gedreig om die skip en al die passasiers tot vernietiging te dryf:
- “In the midst of the terror, one daring man, contrary to orders, went to the deck, made a dangerous passage to the pilot house and saw the steersman. He was at his post holding the wheel unwaveringly, and inch by inch, turning the ship out, once more, to sea. The pilot saw the watcher and smiled. Then, the daring passenger went below and gave out a note of cheer: “I have seen the face of the pilot, and he smiled. All is well.”
- Hoe is hierdie aanhaling bemoedigend vir ons situasie in die kerk vandag?
Wat is ons taak as individue (kerk) terwyl Jesus aan die stuur is?