40 Dae van Vrug – Vrede

GESPREKS-BEGELEIDING – 13 Februarie 2022
Tema: Vrede
Uitkomste: Ons verstaan dat ware vrede nie in die wêreld of die regte omstandighede gevind kan word nie, net in die wete van wat Jesus vir ons gedoen het, dat ons daarom vrede met God het en ook ’n toekomsverwagting.
- Ysbreker
- Kan jy al die vrug van die Gees se 9 merkers opnoem?
- Wat is die dinge wat jy tans ervaar die maklikste jou vrede steel?
______________________________________________________________________________
- Inleiding
- Stem jy saam dat mens aan jou Christenskap kan dink as ’n ‘brand’ soos Steers of KFC?
- Stem jy dan saam dat die volgende aanhaling op die uitleef van jou Christenskap van toepassing is: a brand is a promise always kept?
- Hoekom dink jy behoort vrede deel te vorm van die manier hoe Christene leef?
______________________________________________________________________________
- Teks
- Lees saam Matt. 8:23-27
- Wat staan vir jou uit in hierdie teks, of maak miskien nie vir jou sin nie? hoekom?
- Wat is die punt wat hierdie verhaal wil maak?
- Lees saam Psalm 107:23-32
- Ons sien duidelik hierin dat dit God is wat die storm begin en dan weer bedaar – wat dink jy kan die rede hiervoor wees?
______________________________________________________________________________
- Inhoud
- Maak die onderskeid tussen God se aktiewe wil en sy passiewe wil vir jou sin?
- Op grond waarvan kan ons vir God totaal vertrou met ons lewens en ook binne enige omstandighede?
- Wat is die konneksie tussen ‘vertrou op God’ en ‘ware vrede hê’?
______________________________________________________________________________
- Toepassing
- Jesus het vir sy dissipels gesê dat Hy sy vrede vir ons nalaat – kan jy beskryf hoe jy sy vrede verstaan?
- Hoe sou iemand se lewe anders lyk as hierdie vrede die deurslag begin gee in hul lewe?