40 Dae van Vrug – Vreugde
GESPREKS-BEGELEIDING – 6 Feb
Tema: Vreugde
Uitkomste: Ons verstaan dat vreugde nie iets is wat aan aardse dinge buite ons gekoppel kan word nie – dit breek, verweer, verloor of word te maklik gesteel. ’n Christen se ware vreugde – die vreugde waarvan die Vrug van die Gees praat, is gevind in die redding wat God deur Jesus bewerk het, met die Heilige Gees as gawe binne ons bevestig het en in die Vaderhuis wat Hy vir ons belowe het.
- Ysbreker
- As jy al ooit na ’n pretpark soos Ratanga of Goldreef city toe was as kind – hoe het jy gevoel in die uitsien daarna? Hoe het jy op daardie dag gevoel? Hoe het jy gevoel toe jy weer moes teruggaan?
- Sou jy die gevoel as ‘vreugde’ beskryf?
______________________________________________________________________________
- Inleiding
- Hoe sou jy die onderskeid verwoord/definieer tussen ‘wêreldse vreugde’ en ‘Goddelike vreugde’
- Waarin word wêreldse vreugde gevind? Hoekom is dit nie volhoubaar nie?
- Waarin word Goddelike vreugde gevind? Hoekom is dit volhoubaar?
______________________________________________________________________________
- Teks
- Lees saam Habakuk 3:16-19
- Wat staan vir jou uit in hierdie teks? Hoekom dink jy het dit vir jou uitgestaan/
- Dink jouself in Habakuk se skoene in: hy sien die vernietiging wat kom, hy weet wat die gevolge van die vernietiging gaan wees, hy weet nie wat van hom gaan word deur dit alles nie
- Hoekom is dit steeds vir hom moontlik om met hierdie wete vreugde in God te vind?
- Watter moderne Namibiese probleme sou ons hier in Habakuk se mond kon lê, waarna ons kan getuig: “nogtans sal ek in die Here jubel”?
- Lees Joh. 10:10
- Hoe sou jy die lewe waarvan Jesus hier praat (‘n oorvloedige lewe) beskryf? Hoe lyk so ’n lewe? Hoe hoop so ’n lewe?
- Is daar vir jou ’n konneksie tussen ‘waarop ek hoop’ en ‘dit waarin ek vreugde vind’?
______________________________________________________________________________
- Toepassing
- Wat is tans jou bron van vreugde?
- Wat is tans die dinge wat jou vreugde steel?
- Wat kan jy vandag anders begin doen om afstand te doen van ‘wêreldse vreugde’ en keer na ‘Goddelike vreugde’
Bronne voorstelle:
- NT Wright – Surprised by hope (soek op Youtube na dieselfde titel)
- NT Wright – After you believe (soek op Youtube na dieselfde titel)
- C’S Lewis – Surprised by joy (soek op Youtube na dieselfde titel)
- Lee Strobel – A case for heaven (soek op Youtube na dieselfde titel)