40 Dae van Vrug – Nederigheid

Tema: Nederigheid
Uitkomste: Ons verstaan dat nederigheid nie net iets is wat God van ons verwag nie, maar dat Hy dit tot die uiterste toe vir ons kom voorhou het in die lewe van Jesus. Ons besef ons het niks om op te roem en daarom hoogmoedig te wees nie – dieselfde gesindheid wat in Jesus was moet dus in ons wees.
- Ysbreker
- Wat is die ding in jou lewe wat jy besit, of al gedoen het waarop jy die trotsste is?
- Sal dit vir jou maklik of moeilik wees om dit op te gee? Hoekom?
______________________________________________________________________________
- Inleiding
- Maak ’n prioriteits-lys van die top 5 kenmerke vir hoe Christene behoort te wees (bv. [1] liefdevol)
- Hoe vêr af ondertoe op die lys sou jy ‘nederig’ sit?
- Lys jou top 5 beskrywende woorde vir God – hoe vêr af ondertoe op die lys sou jy ‘nederig’ sit?
- Nederigheid is nie een van die primêre eienskappe wat ons gewoonlik met God assosieer nie, hoekom nie?
- Is dit moontlik vir baie belangrike mense wat hoe posisies beklee om nederig te wees?
- Hoe sou dit uitkom in hul optrede?
______________________________________________________________________________
- Teks
- Lees saam Fil. 2:5-11
- Wat tref jou met die eerste oogopslag?
- Hoe verstaan jy v.6?
- Hoe verstaan jy die woord ‘verneder’ in v.7?
- Die Griekse woord vertaal direk na ‘Hy het homself leeggemaak’
- Waarvan het Jesus Homself leeggemaak?
- Die Griekse woord vertaal direk na ‘Hy het homself leeggemaak’
______________________________________________________________________________
- Inhoud
Lees saam en dui aan wat vir jou uitstaan en hoekom in ‘one solitary life’
- He was born in an obscure village, the child of a peasant. He grew up in another village, where he worked in a carpenter shop until he was 30. Then, for three years, he was an itinerant preacher. He never wrote a book. He never held an office. He never had a family or owned a home. He didn’t go to college. He never lived in a big city. He never traveled 200 miles from the place where he was born. He did none of the things that usually accompany greatness. He had no credentials but himself. He was only 33 when the tide of public opinion turned against him. His friends ran away. One of them denied him. He was turned over to his enemies and went through the mockery of a trial. He was nailed to a cross between two thieves. While he was dying, his executioners gambled for his garments, the only property he had on earth. When he was dead, he was laid in a borrowed grave, through the pity of a friend. [Twenty] centuries have come and gone, and today he is the central figure of the human race. I am well within the mark when I say that all the armies that ever marched, all the navies that ever sailed, all the parliaments that ever sat, all the kings that ever reigned—put together—have not affected the life of man on this earth as much as that one, solitary life.
______________________________________________________________________________
- Toepassing
- In die lig van Jak 4:6 en Joh. 3:30
Watter aanpassings moet jy in jou lewe maak om te verseker dat jy die voorbeeld van Jesus nastreef in nederigheid?