40 dae van Vrug – Selfbeheersing

Mense Met 'n Missie

40 dae van Vrug – Selfbeheersing

March 25, 2022 Uncategorized 0

Uitkomste: Ons verstaan dat selfbeheersing ’n kardinale kenmerk van die Christelike lewenswandel behoort te wees. Ons verstaan dat selfbeheersing te doen het met dit wat ons sensories toelaat om vastrapplek in ons gedagtes te kry en ook wat ons toelaat om d.m.v. van woorde en dade waar vanaf ons uit te gaan. Ons verstaan dat ons gedissiplineerd aandag daaraan moet gee om selfbeheersing in te oefen.

  • Ysbreker
  • Kan jy aan enige situasie dink waar selfbeheersing ’n slegte/negatiewe uitwerking sal hê?

______________________________________________________________________________

  • Inleiding
  • Noem een of twee dinge in jou verlede waarvan jy kan sê: ‘as ek net nie ingegee het nie’, ‘as ek net ’n bietjie langer gewag het’, ‘ek wens ek kon daardie woorde terugtrek’ ens.
  • Noem een of twee dinge in jou verlede waarvan jy kan sê: ‘ek is so dankbaar ek het nie ingegee nie’, ‘ek is so dankbaar ek het gewag’, ‘ek is so dankbaar ek het nie gesê wat ek in daardie oomblik wou sê nie’
  • Stem jy saam met die ou gesegde – garbage in garbage out? Hoekom sê jy so?

______________________________________________________________________________

  • Teks
  • Lees saam: Matt. 6:22-23
    • Hoekom dink jy vergelyk Jesus die oog van die liggaam met ’n lamp?
  • Wat is die noemenswaardige verskil tussen die 2 vertalings (’53 en ’83) van Jesus se lering oor ‘begeer’ in Matt. 5:28 as ‘elkeen wat na ’n vrou kyk EN haar begeer’ (N.A.V. ‘83) teenoor ‘elkeen wat na ’n vrou kyk OM haar te begeer’ (OAV ‘53)?
  • In 2 Kor. 10:5 praat Paulus daaroor dat ons elke gedagte gevange moet neem
    • Hoe kan ons dit doen?
  • Hoekom dink jy, wanneer Paulus vir Timoteus mentor in 1 Tim 6:11 en 2 Tim 2:22, gebruik hy die drastiese woord ‘vlug’ wanneer hy praat oor materiële of vleeslike begeertes?
  • Jak 3:3-5,9-11 praat oor die kragtige uitwerking wat ons woorde kan hê – stem jy daarmee saam? Hoe het jy dit al in jou eie lewe ervaar?

______________________________________________________________________________

  • Inhoud
  • Stem jy saam met Stefan Joubert se aanhaling en hoe het dit al in jou lewe gestalte gevind:
    • “Oppas, vir gedagtes, want gedagtes verander maklik in dade. Oppas vir dade, want dade verander maklik in gewoontes. Oppas vir gewoontes, want gewoontes gee vorm aan jou karakter. Oppas vir karakter, want jou karakter bepaal waar jy die ewigheid gaan spandeer”

______________________________________________________________________________

  • Toepassing
  • 1 Kor. 9:27 en Jak 4:7-8 skets vir ons die prentjie dat ons pro-aktief moet wees in die kultivering van goeie gewoontes en dissiplines wat ons kan help om selfbeheersing beter toe te pas

Watter een ding sou jy graag wou aanspreek, om beter selfbeheersing daaromtrent toe te pas en watter praktiese stappe kan jy in plek sit om dit te begin regkry?

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *