Man of Messias – Jesus in die Ou-Testament

Uitkomste: Ons leer ken Jesus se hermeneutiek: dat Hy ’n sterk tipologiese verstaan van die OT verkondig het. Ons verstaan tipologie as ‘die-storie-in-die-storie’ of om feitlike en historiese gebeure in die OT ook as ’n metaforiese/allegoriese vooruitskoue na die NT te sien. Om hierdie rede besef ons dat die OT propvol van Jesus is en dat ons daarom nog ’n goeie saak vir die goddelike outeurskap van die HELE Skrif het.
- Ysbreker
- Soek vir Wally (as jy nie die gegewe skakel kan oopmaak nie – Google ‘where’s Wally PDF’ en kies die eerste skakel) https://laughtonallsaints.org/storage/app/media/uploaded-files/wheres%20wally.pdf
- Hoe is hierdie oefening soos ’n tipologiese lees van die Ou-Testament?
______________________________________________________________________________
- Inleiding
- Wat is die verskillende opinies wat mense het oor Jesus se identiteit?
- Kan die Bybel nog rigtinggewend wees vir Christene as dit nie in totaliteit deur God geïnspireer is nie?
- Hoe bevestig die groot hoeveelheid tipologie in die OT die eenheid en geïnspireerdheid van die Bybel?
______________________________________________________________________________
- Teks
- Wat het Num. 21:7-8 en Gen. 3 vir ons te sê oor Joh. 3:14-15?
- Hoe is ‘Jakob se leer’ ’n tipe van Jesus? Lees Joh. 1:51 en Gen. 28:12
- Watter 3 tipes (vooruitskouings) van Jesus en sy bediening kry ons in die verhaal van Jona?
- Hoe is Jesus soos die manna in die woestyn? Joh. 6:32
- Hoe is die storie van Abraham wat vir Isak moes offer ’n tipe van Jesus?
______________________________________________________________________________
- Toepassing
Is ’n tipologiese verstaan van die OT verhale vir jou verrykend of nie?
Kyk gerus hierdie twee video’s om verder ingegrawe te word in ’n tipologiese lees van die OT
- Jesus is all over the old testament a study in typology https://www.youtube.com/watch?v=aVC2RGW1MSg&ab_channel=ChristofBucherer
How many Types of Christ are there? How to find Jesus in the old testament pt 7 https://www.youtube.com/watch?v=wmSPPc1nenU&list=RDCMUC7u2HaYBKDaLPcWmldxgGEA&start_radio=1&rv=wmSPPc1nenU&t=37&ab_channel=MikeWinger