Wie is ek?

Mense Met 'n Missie

Wie is ek?

August 13, 2022 Uncategorized 0

Uitkomste: ons verstaan dat God se stem en die kultuur se stem met mekaar in stryd is oor ‘wie ek is’. Die kultuur skryf ’n klomp sosiale identiteite aan ons toe wat ons in groepe jaag wat dan ook teenoor mekaar antagoniseer word. God sê ons diepste identiteit lê in die feit dat ons na sy beeld geskape is en dat ons verder onder die ‘in Christus’ identiteit verenig word as Christene.

  • Ysbreker
  • Jy moet jouself beskryf aan iemand oor die foon wat jou nog nooit gesien het nie. Voltooi die sin met soveel moontlik detail: ek is…
    • Hoe verskil hierdie ‘hoe-jy-lyk’ en ‘hoe-jy-is’ beskrywing van die beskrywing ‘wie-jy-is’?

______________________________________________________________________________

  • Inleiding
  • Wat verstaan jy onder die ‘culture-war’ wat sommige meen in die Westerse samelewing aan die gang is.
  • Noem die verskillende ‘sosiale’ identiteite waarin die kultuur jou plaas.
  • Dink jy dat die ‘sosiale’ identiteite waarin die kultuur ons plaas vir Christene geen waarde behoort te hê nie?

______________________________________________________________________________

  • Teks
  • Lees saam Kol 3:9-11 (ook 1 Kor. 12:13 en Gal 3:28)
    • Wat is die belangrikste kenmerk van die ‘nuwe mens’ waarvan Paulus praat?
    • Wat is volgens Paulus die belangrikste identiteit van ’n Christen?
    • Watter kommentaar lewer hierdie 3 tekste op die pogings van die ‘kultuur-oorlog’ om mense in identiteit-kampe te jaag (wit-swart, man-vrou ens.)
  • Lees saam Gen. 1:26-28
    • Wat kan ons aflei uit hierdie teks beteken dit om in die beeld van God geskep te wees?

______________________________________________________________________________

  • Inhoud
  • Hoekom is dit so belangrik om in vandag se kultuur sekerheid te hê oor ‘wie ek is’?

______________________________________________________________________________

  • Toepassing
  • Hoe leef ek as Christen (wat verstaan dat my diepste identiteit ‘in Christus’ en ‘beeld van God’ is) met sensitiwiteit teenoor mense wat ingekoop het by die kultuur se leuen dat my identiteit gekoppel is aan my ras, geslag, klas, seksualiteit, gender ens.?

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *