Dink Bybels oor seksualiteit

Dink Bybels oor seksualiteit

August 19, 2022 Uncategorized 0

Uitkomste: Ons verstaan die heiligheid van seks in die lig van die potensiaal wat God daarin gebou het om ’n nuwe, ewige siel te skep. Ons verstaan dat die satan se strategie nog altyd was om God se bedoeling teë te werk deur goedheid en waarheid te korrupteer, mense te bedrieg en God se Woord te verdraai. Ons besef dat die Bybelse prentjie vir die uitleef van seksualiteit nie een is van heteroseksualiteit vs. homoseksualiteit nie, maar eerder ‘Heilige Seksualiteit’. God verklaar dat alle vorme van losbandigheid indruis teen sy prentjie van ‘Heilige Seksualiteit’ en dit is enige seksualiteit wat beoefen word buite die band van die huwelik: een man en een vrou word een vlees vir een leeftyd.

  • Ysbreker
  • Lys jou top 5 gunsteling liedjies of musiek-videos
    • Hoeveel van hierdie liedjies promoveer ’n onbybelse prentjie van seks en seksualiteit?
  • Lys die laaste 3 flieks of reekse wat jy gekyk het
    • Hoeveel van hierdie flieks of reekse promoveer ’n onbybelse prentjie van seks en seksualiteit?
  • Is dit veilig om af te lei dat ons vandag in ’n situasie sit waar ons gebombardeer word met onbybelse prentjies van seks en seksualiteit?

______________________________________________________________________________

  • Inleiding
  • Hoe verstaan jy- en stem jy saam met die stelling wat in die preek gemaak is:
    • “Die Bybelse raamwerk vir die uitleef van jou seksualiteit is nie in die eerste plek ‘heteroseksualiteit’ nie maar ‘heilige seksualiteit’
  • Hoe verstaan jy- en stem jy saam met die stelling wat in die preek gemaak is:
    • “Ons het nie ’n ‘gay’-krisis in die NG kerk nie, ons het ’n losbandigheids-krisis”

______________________________________________________________________________

  • Teks
  • Lees saam Genesis 3:1-6
    • Wat is opvallend in die manier hoe die slang vir Eva benader om haar te kry om die vrug te eet?
      • Is daar ooreenkomste tussen hierdie verhaal en die manier hoe sekere versoekings hulself vandag aan ons voordoen?

______________________________________________________________________________

  • Inhoud
  • Stem jy saam met Jeremy Pettitt se aanhaling wat in die preek gebruik is: “Sex is the most powerful creative act in the universe. When a man and a woman come together in a sexual relationship, the possibility of creating an eternal soul/spirit arises. At the moment of conception, a new immortal soul/spirit has entered into eternity.”

______________________________________________________________________________

  • Toepassing
  • Die slotsom van die preek was: “Die Bybelse raamwerk vir seksualiteit is: jy is óf selibaat óf in ’n Bybelse huwelik”
    • Stem jy hiermee saam?
    • Watter beswaar sou mense teenoor so ’n stelling kon maak? (bv. mense wat aangetrokke is tot dieselfde geslag, mense wat saambly voor die huwelik, tieners met hormone ens.)
    • Hoe kan ons as Christen dissipels met empatie sulke beswaar antwoord?

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *