Ons is mense van die Weg

Mense Met 'n Missie

Ons is mense van die Weg

January 20, 2023 Uncategorized 0

Uitkomste: Ons verstaan dat Christenskap veel meer vereis as blote self-identifikasie “Ek is ’n Christen” – dit vereis dat ons in ons lewenswandel die lewe, waardes en belange van Jesus naboots. Ons verstaan dat dit beteken ons moet onsself verloën, die eiegeregtigheid wat die wêreld so aanvuur aflê en Jesus se weg vertrou bo my eie een.

  • Ysbreker
  • Wat is die moeilikste staproete wat jy al ooit gestap het? (of moeilikste taak wat jy al aangepak het?)
    • Het die uitdaging van hierdie roete/taak dit meer of minder bevredigend gemaak toe jy klaar was?
    • Hoe is die bevrediging wat ons ervaar wanneer ons ’n moeilike staproete/taak afhandel soortgelyk aan ’n Christelike leefstyl?

______________________________________________________________________________

  • Inleiding
  • Op watter maniere vuur die wêreld ons eiegeregtigheid sin aan?
    • Vertel van ’n geleentheid (bv. in ’n winkel of restaurant) waar jy iemand sien aanspraak maak het daarop dat hul geregtig is om te kry wat hulle wil hê?
    • Hoe het jy oor die toneel gevoel?
  • Watter gedagtes kom by jou op by die aanhoor van Tim Keller se aanhaling: “To stay away from Christianity because part of the Bible is offensive assumes if there is a God He wouldn’t have any views that upset you”

______________________________________________________________________________

  • Teks
  • Lees saam Matt. 16:24
    • Dit is ’n vreemde beeld vir ons dag-en-tyd – stel dit op ’n manier wat meer eietyds is?
    • Wat is die implikasies van Jesus se opdrag hier vir ’n Christen se lewe?
    • Wat is die tipe dinge wat ons verhinder om gehoor te gee aan Jesus se opdrag hier?

______________________________________________________________________________

  • Inhoud
  • Hoe het dit gekom dat die eerste Christene ‘mense van die weg’ genoem was?
  • Dink jy mense buite die geloof identifiseer vandag nog maklik iemand as ’n Christen bloot op grond van die manier hoe hulle leef?
    • Hoekom/hoekom nie?
  • Op watter maniere dink jy som die woord ‘christelik’ of ‘Christ-like’ ’n Christen se opdra tot dissipelskap op?

______________________________________________________________________________

  • Toepassing
  • Die Weg van Jesus kan deur die volgende 5 beginsels opgesom word
    • Die weg van Jesus beteken radikale gehoorsaamheid aan God
    • Die weg van Jesus beteken om eer aan God te bring
    • Die weg van Jesus beteken radikale liefde en opoffering vir ander:
    • Die weg van Jesus is ’n weg van lyding en swaarkry
    • Die weg van Jesus is ’n weg van oorwinning
  • Identifiseer by elkeen van hierdie 5 punte een ding waarop jy moet fokus in jou lewe om meer in lyn te kom met die weg van Jesus

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *