Definieer die Verhouding
Uitkomste: Ons verstaan dat daar ’n onderskeid is tussen om ’n ‘fan’ van Jesus te wees en om ’n ‘follower’ te wees. Ons verstaan ook dat baie Christene die verkeerde maatstaf gebruik om hul toewyding aan Jesus te meet – baie keer meet ons onsself teen ander Christene met ’n swakker getuienis, of teen die hoeveelheid boksies wat ek tik deur die week. Nie een van hierdie maatstawwe kom egter by Jesus se bedoeling met ons toewyding aan Hom nie – ons begin daarop let hoe ons ons verhouding met Jesus definieer
- Ysbreker
- Vertel die groep van een van jou DDV gesprekke
- Hoe is ons toewyding aan mense baie keer soortgelyk aan die manier hoe ons aan Jesus toegewyd is?
______________________________________________________________________________
- Inleiding
- Hoe verstaan jy die onderskeid tussen ‘fan’ en ‘follower’ wanneer dit kom by Jesus?
- Op watter maniere tree Christene baie keer dieselfde teenoor Jesus op as wat ‘entoesiastiese bewonderaars’ teenoor hul sportspanne optree?
- Wat is die groot verskille tussen toeskouers en die spelers op die veld?
______________________________________________________________________________
- Teks
- Lees saam Matt. 7:21-23
- Watter emosie bring hierdie teks by jou op? Hoekom?
- Wat is volgens hierdie teks die kern verskil tussen diegene wat Jesus inlaat en diegene wat Hy wegjaag?
______________________________________________________________________________
- Inhoud
- Hoekom dink jy is dit belangrik om jou verhouding met Jesus te definieer?
- Na watter kant dink jy neig meeste mense se houding teenoor Jesus – fan of follower – en hoekom is dit die geval?
______________________________________________________________________________
- Toepassing
- Ons wil julle graag uitdaag om vir die volgende 40 dae julle whatsapp profile prentjies selfs julle ander sosiale media profiel prentjies te verander na die een wat ons vir julle uitgestuur het. Die rede hiervoor is om aan die een hand: gesprek uit te lok wat moontlik tot ’n geleentheid vir getuienis kan lei. Daar is soveel lou-warm Christene wat net in naam Christen is, maar daar is min aan hul optrede wat mens as ‘Christelik’ sou kon bestempel. Daar is ook baie mense wat juis oor hierdie rede aktief Christene of Christenskap vermy. Dit is ons geleentheid om die verskil te leef en uit te wys. Aan die ander hand: as ’n herinnering – ek is nie net ’n FAN van Jesus nie, ek is sy FOLLOWER. Elke keer wat ek daardie swart sirkeltjie sien, spoor dit my aan om seker te maak dat my lewe in lyn is met hierdie waarheid dat ek totaal toegewyd is aan die weg, die waarheid en die lewe van Jesus.