Die Judas in elkeen van ons

Die Judas in elkeen van ons

March 31, 2023 Uncategorized 0

  • Ysbreker
  • Wat was die grootste verraad wat jy as kind beleef het?

______________________________________________________________________________

  • Inleiding
  • Hoekom is dit belangrik om te besef dat daar so bietjie van Judas, die man wat Jesus wou kry om te doen wat hy wou hê, in elkeen van ons is?
  • Het jy al ooit met God probeer onderhandel?
    • Wat is die probleem met hierdie benadering?

______________________________________________________________________________

  • Teks
  • Lees saam Matt. 19:27
    • Wat was die spanning vir die dissipels, insluitende Judas, in hul verhouding met Jesus?
  • Lees saam Matt. 26:6-16
    • Wat staan vir jou hier uit omtrent die dissipels se houding teenoor die vrou se optrede en Jesus wat haar toelaat om Hom te salf?
    • Hoekom het Judas juis by hierdie punt besluit ‘genoeg is genoeg’?

______________________________________________________________________________

  • Inhoud
  • Hoe dink jy het die Jode se verwagting van die Messias as ’n militêre leier hul houding teenoor Jesus ingekleur?
  • Wat is fout daarmee om vir Jesus bloot as middel tot ’n doel te sien?

______________________________________________________________________________

  • Toepassing
  • Vir watter tipe gebede en optrede moet ons versigtig wees as ons wil verseker dat ons nie met God probeer onderhandel om ons planne te laat realiseer nie?
  • Watter merktekens sal daar in iemand se lewe wees vir wie Jesus bloot ’n middel tot ’n doel is?

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *