Die Kajafas in elkeen van ons

Uitkomste: Ons verstaan dat daar ’n bietjie Kajafas in elkeen van ons is. Elkeen van ons dink ons kan in sekere opsigte God se wil en plan vir ons lewens teëgaan, elkeen van ons wat dit al gepoog het, kan getuig van die seer en frustrasie wat dit opgelewer het. Ons verstaan dat ons op ons hoede moet wees vir enige gedrag wat God se beweging in ons en om ons probeer ontken of systap.
- Ysbreker
- Vertel vir die groep watter van jou kinderdrome vir jou toekoms op die ou ent waar geword het (tipe werk, tipe eggenoot, finansiële aspirasies ens.)
______________________________________________________________________________
- Inleiding
- Hoekom dink jy is dit by meeste Christene die geval dat ons die God wat ons bely om te vertrou maklik teë probeer gaan?
- Hoe verskoon/regverdig ons onsself baie keer wanneer ons God teëgaan?
- Hoekom dink jy sal meeste mense wat God teë probeer gaan het getuig van hoe dit verwoestend ingewerk het op hul lewe?
______________________________________________________________________________
- Teks
- Kajafas, die hoëpriester tydens Jesus se bediening, het God se werking in en deur Jesus probeer teëgaan om sy eie bates te beskerm
- Lees saam Joh. 12:17-19 & Joh. 11:47-53
- Wat merk jy op oor waar hierdie godsdienstige leiers se prioriteite gelê het?
- Wanneer mens hierdie gekonkel van die godsdienstige leiers in die konteks van die Vader se plan met Jesus se bediening sit – is daar enige iets ironies aan hulle gekonkel?
______________________________________________________________________________
- Inhoud
- Op watter manier is ons gekonkel om God se wil en plan te omseil ook soms ironies? Het jy al ooit gesê: “ek sal nooit…(met daardie persoon trou/ daardie beroep )” en toe gebeur dit?
- Bespreek die volgende beginsel wat in die preek uitgekom het: Die klein godjies wat jy in jou lewe het, sal jou altyd teleurstel – hoekom?
______________________________________________________________________________
- Toepassing
- Gebruik die volgende stelling om introspeksie oor jou eie lewe te doen:
- Moenie dinge probeer preserveer wat jy geen besigheid het om te preserveer nie