Dis ‘n feit

Dis ‘n feit

April 28, 2023 Uncategorized 0

Uitkomste: Ons sien dat die verhale rondom Jesus se sterwe en opstanding genoegsaam voldoen aan al die merkers wat bepaal of ’n antieke verhaal histories betroubaar is. Ons kan daarom sonder enige redelike twyfel getuig dat Jesus werklik opgestaan het en dat alles wat dit vir ons ewigheid beteken waar is.

  • Ysbreker
  • Vertel ’n storie ten koste van jouself – m.a.w., wat feite in het wat jou in die verleentheid gebring het.
    • Dink jy ’n verhaal het groter kans om waar te wees as dit die persoon wat dit vertel laat sleg lyk?

______________________________________________________________________________

  • Inleiding
  • Deur die laaste 3 boodskappe in die ‘Opgestaan’ preek reeks – wat het jou die meeste getref/grootste bevestiging gegee vir die geloof wat jy in Jesus het?

______________________________________________________________________________

  • Teks
  • Hoekom is dit nodig dat Christene hulself toerus om skeptiese mense en soekende mense te kan antwoord rondom die werklikheid van Jesus se lewe, sterwe en opstanding?
    • Lees 1 Petrus 3:15-16
  • Wat hinder Christene om hulself beter toe te rus om antwoorde te kan gee?

______________________________________________________________________________

  • Inhoud
  • Hoe voldoen die verhale rondom Jesus se sterwe en opstanding aan die volgende 5 merkers wat gebruik word om historiese akkuraatheid te bepaal
    • Veelvuldige onafhanklike bronne
    • Bevestiging deur ’n vyandige of neutrale bron
    • Weergee van verleentheid-wekkende feite
    • Ooggetuie verslae van die gebeure
    • Vroeë verslae, kort na die gebeure
  • Die feite bevestig die sentrale faset van ons geloof – Jesus het opgestaan – wat beteken hierdie feit vir jou en my?

______________________________________________________________________________

  • Toerusting
  • Boeke om te lees
    • Gary Habermas – The case for the resurrection of Jesus
    • Lee Strobel – The case for Christ
    • Frank Turek – I don’t have enough faith to be an atheist

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *