Ef 3:1-13 ‘Die Geheimenis’

Ef 3:1-13 ‘Die Geheimenis’

August 18, 2023 Uncategorized 0

Uitkomste: Ons verstaan dat God 2 families het – ’n hemelse en ’n aardse. Ons verstaan dat daar 3 rebellies was – Gen. 3, 6 en 11 – waarna God die nasies onterf het en sy fokus op Israel geplaas het. Ons verstaan dat God se geheime plan was om die onterfde nasies saam met die Jode onder die heerskappy van Christus te verenig.

  • Ysbreker
  • Kan jy jouself indink hoe dit moet wees om van godsdiens te verander?
    • Hoekom doen mense dit?

______________________________________________________________________________

  • Inleiding
  • Het die inhoud van die preek enigsins verander aan jou wêreldbeeld en verstaan van die Bybel?
    • Is daar Bybelse inhoud wat nou vir jou meer sin maak n.a.v. die preek?
  • Het jy al die begrip ‘seuns van God’ gehoor/raakgelees en hoe het jy dit altyd verstaan?

______________________________________________________________________________

  • Teks – Lees Ef. 3:1-13
  • Wat verstaan jy rakende die ‘geheimenis’/’God se verborge plan’ wat Paulus hier ophaal?
  • Waarom die klem daarop dat die heidene ook nou deel raak van die volk van God? v6
  • Hoekom is dit noemenswaardig dat die plan van God openbaar gemaak is aan ‘elke mag en gesag’ volgens v10?

______________________________________________________________________________

  • Inhoud
  • Hoekom kan ons sê dat die gevolge van die rebellie van die mens by Babel (Gen. 11) amper net so tragies is soos die gevolge van die rebellie in Eden (Gen. 3)?
  • Wat verstaan jy onder die ‘Deuternomium 32:8-9 wêreldbeeld?’
  • Wat is die verband tussen Pinkster en Babel?

______________________________________________________________________________

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *