Ef. 3:14-21 ‘Dra God se Naam’
Uitkomste: Ons verstaan dat die 2de gebod nie net die lasterlike gebruik van God se Naam teëpraat nie, maar ten sterkste ook die valslike ‘dra’ van God se Naam. Ons verstaan ook dat God se familie nie ALLE mense op aarde insluit nie, maar slegs diegene wat deur God se genade tot geloof gekom het
- Ysbreker
- Wat was jou ouers se kriteria vir gedrag wat julle ‘naam’ deur die modder sou sleep?
______________________________________________________________________________
- Inleiding
- Is Jesus se opdrag om nie te vloek nie slegs verbind aan laster, of alle vuil taal?
- Word alle mense gered of net sommige? Hoekom/hoekom nie?
______________________________________________________________________________
- Teks – Lees Ef. 3:14-21
- Hoekom is dit ’n beter vertaling om v15 te vertaal is ‘hele familie’?
- Wat is so merkwaardig daaraan dat hierdie familie God se Naam dra?
- Hoe kan ons ons bestaan ‘in die beeld van God’ ook verstaan as ’n werkwoord/funksie en nie net ’n status nie?
______________________________________________________________________________
- Toepassing
- Hoe lyk dit wanneer jou lewe jou Vader se karakter naboots?