Ef. 5:1-20 ‘Wees nabootsers van God’

Uitkomste: Ons verstaan dat, as beelddraers van God, dit die Christen se eerste en kern opdrag is om vir God na te boots. Ons verstaan dat dit ’n baie spesifieke leefstyl vra en ook vra dat alle vorme van die ou lewe afgesterf moet word. Ons verstaan dat die Christelike leefstyl beskryf kan word as ’n lewe in die lig en een wat strewe om lig te werp op alles wat van die duister is – alles wat in die geheim gedoen word. Ons wil graag ’n lewe leef wat ’n offer is met ’n aangename geur vir die Here.
- Ysbreker
- Doen ’n rondte charades/Pictionary/30 seconds
- Hoe is ‘om vir God na te boots’ soos hierdie speletjie?
______________________________________________________________________________
- Inleiding
- Wat is die probleem met ’n uitlating soos ‘wees net jouself’ vir beelddraers van God?
- Hoekom is baie moderne mense en selfs Christene so gekant teen enige iets wat van iemand vra om te verander wie hulle in hul diepste wese voel hulle is?
______________________________________________________________________________
- Teks – Lees Ef. 5:1-20
- V2 sê “en leef in liefde” – hoe verstaan die wêreld hierdie ‘liefde’ en hoe verstaan Christene dit vanuit die Bybel?
- V3: hoe moet ons ‘onsedelikheid’, ‘onreinheid’ en ‘gierigheid’ verstaan?
- Hoekom word gierigheid gelykgestel met afgodsdiens?
- V5 maak dit duidelik dat daar sekere mense is wat nie gaan deelhê aan God se Koninkryk nie – hoekom verkondig baie mense die teendeel; dat God eerder inklusief is?
- V10 kom basies neer op ‘onderskei in elke situasie wat vir die Here aanneemlik is’
- Hoe kan ons as Christene seker maak ons doen die Here se wil in elke situasie?
______________________________________________________________________________
- Toepassing
- Hierdie teks maak dit baie duidelik dat daar sekere praktyke en leefstyle is wat nie getuig van die lig wat Christus op ons lewens skyn nie
- Gaan doen bietjie ‘stocktaking’ van jou eie lewe en identifiseer hierdie dinge wat eerder hoort tot die duister as die lig
- Hoe kan jy daarvan ontslae raak?