Efesiërs 6:10-20 ‘Geestelike oorlogvoering’

Mense Met 'n Missie

Efesiërs 6:10-20 ‘Geestelike oorlogvoering’

September 30, 2023 Uncategorized 0

Uitkomste: Ons verstaan die alreeds en die nog-nie element van geestelike oorlogvoering. Ons verstaan ook dat geestelike oorlogvoering primêr gefundeer is in getroue dissipelskap en nie ‘skree op die duiwel’ nie. Uit die aard van die uitdagings wat ons as dissipels van Jesus in hierdie wêreld beleef het ons die geestelike wapenrusting nodig. Dit is wel nie ’n ‘magiese’ stel wapenrusting wat ons eenmaal aantrek en van vergeet nie – dit is beginsels en dissiplines wat ons daagliks moet inoefen en aan toegewy wees.

Inleiding

  • Ons is na aan die einde van ons reis deur Efesiërs en het ruim stilgestaan by die Bybelse bonatuurlike wêreldbeeld; kyk of jy vir die groep kan verduidelik wat bedoel word met die Deuteronomium 32:8-9 wêreldbeeld (leidraad: met verwysing na dit wat by Babel in Gen. 11 en Pinkster in Hand. 2 gebeur het)
  • As jy dink aan gesprekke of blootstelling wat jy al gehad het rakende mense se beskouings van ‘geestelike oorlogvoering’ – hoe word dit gewoonlik verstaan?
    • Is dit vir jou belangrik om hieroor ingelig te wees? Kan jy na aanleiding van die preek die meriete insien om hieroor ingelig te wees?

______________________________________________________________________________

Teks – Lees Ef. 6:10-20

  • V12: Hoe sou jy vir iemand verduidelik wat presies bedoel word met ‘die magte, kragte en regeerders’ teen wie ons stryd is?
  • Geestelike oorlogvoering kan verstaan word in terme van ’n ‘alreeds’ element (Jesus en die kerk) en ’n ‘nog nie’ element (uitsluitlik die taak van God)
    • Hoe sou jy die onderskeid verduidelik?
  • Wat het Jesus se opstanding met die oorwinning oor die magte, kragte en regeerders te make? (Lees Psalm 82:8, Kol 2:13-15 en 1 Kor. 15:22-24)
  • Hoe belemmer die ’83 vertaling van Matteus 16:18 die korrekte verstaan van die kerk se aanslag teen die doderyk?
  • In watter opsig sou mens kon sê dat die kern essensie van geestelike oorlogvoering dissipelskap en evangelisasie is?
  • Gesels oor elke element van die geestelike wapenrusting – hoekom word daardie verskillende stukke van die wapenrusting in verband gebring met spesifiek daardie verskillende fasette van ons geloof?

______________________________________________________________________________

Toerusting

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *