Gespreksgids: Sonder Christus

Mense Met 'n Missie

Gespreksgids: Sonder Christus

March 15, 2024 Uncategorized 0

Uitkomste: Ons verstaan van wie gesê kan word dat hulle sonder Christus is en wat die situasie van hierdie mense alles is.  Ons verstaan ook wat Jesus daaraan gedoen het en dink na oor hoe dit alles vir my raak.

  • Ysbreker
    • Deel met mekaar oor wat jou hoogtepunt van hierdie afgelope week was.
    • Wat is daar wat die afgelope tyd swaar op jou hart lê.

______________________________________________________________________________

  • Inleiding
    • Dink jy daar is nog mense in die wêreld wat glad nie gehoor het van Jesus nie?
    • Ons tema vir die gesprek is “sonder Christus”. Gesels oor die vraag: Van wie kan gesê word dat hulle sonder Christus is?

______________________________________________________________________________

  • Teks
    • Lees saam Ef. 1:13-14, 2:12-13
    • Uit 1:13 kan afgelei word dat daar 3 groepe mense is wat sonder Christus is.
      • Die wat nie die evangelie gehoor het nie
      • Die wat gehoor het maar nie glo dis waar nie
      • Die wat gehoor het, glo dis waar maar nie tot geloof gekom het nie en steeds sonder Christus is.
    • Gesels oor die 3 groepe en maak seker julle verstaan dit, veral pt iii)! Wat is die verskil tussen “glo dis waar” en “tot geloof kom”? Kyk ook na Joh. 1:12 en Jak. 2:19 (Lees veral Die Boodskap se bewoording!)
    • Lees weer Ef. 2:12, 1:13-14. Wat is die situasie van mense wat sonder Christus is? (daar is ten minste 7 dinge wat in die gedeeltes genoem word)
    • Wat lees ons in Ef. 2:13 het Jesus aan hulle situasie gedoen?

______________________________________________________________________________

  • Toepassing
    • Gesels oor die volgende statistiek: Amper 1 uit elke 4 mense in die wêreld (omtrent 1,6 biljoen) het nog nie glad nie van Jesus gehoor het nie! Omtrent 70% van evangeliese Christene weet nie daarvan nie….
    • Om nie eers te praat van almal wat gehoor het maar steeds sonder Christus is nie…
    • Om heilig te wees beteken ook om oor mense wat sonder Christus is te dink en te doen soos Jesus. Hoe dink Hy en wat het Hy gedoen? Wat beteken dit vir my en wat kan ek prakties daaraan doen?

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *