Jesus: Te goed om vals te wees

Mense Met 'n Missie

Jesus: Te goed om vals te wees

April 6, 2024 Uncategorized 0

Uitkomste: Ons verstaan hoe belangrik dit is dat ons ingegrou is in die WAT van ons geloof, die HOEKOM ons dit glo, en die HOE om hierdie WAT en HOEKOM aan ander oor te dra (Apologetiek).

  • Ysbreker
  • Watter dinge het jy al in jou lewe gehoor wat te goed was om waar te wees?
  • Hoe dink jy kan iets té goed wees om vals te wees?

______________________________________________________________________________

  • Inleiding
  • Hoe sal jy die volgende algemene geloofsvrae kort en oortuigend antwoord as iemand dit vir jou vra:
    • As God ’n goeie God is, hoekom is daar soveel boosheid en swaarkry in die wêreld?
    • Die Bybel is al soveel keer oorgeskryf, hoe kan ons weet dat wat daar staan betroubaar oorgeskryf is?
    • Daar is geen bewyse dat Jesus uit die dood uit opgestaan het nie, moet ek dit maar net op geloof vat?
    • Die Bybel keer slawerny en die onderdrukking van vroue goed – hoe kan ons dan die Bybel enigsins gebruik as ons standaard vir moraliteit?
      • Dink jy daar is nut daarin om te weet hoe om hierdie vrae te antwoord? Hoekom/nie?

______________________________________________________________________________

  • Teks
  • Lees 1 Pet. 3:15
    • Hoe sou jy in ’n paar sinne ’n verduideliking van jou geloof gee as iemand jou daaroor uitvra?
  • Lees Hand 17:10-11
    • Sou jy saamstem met die uitlating “the unexamined faith is not worth believing”? hoekom/nie?
    • Watter verskil sou dit aan die Beriane se geloof maak as hulle die apostels bloot op hul woord geneem het sonder om hulle aan die Skrif te toets?

______________________________________________________________________________

  • Toepassing
  • Luister Alisa Childers podcast (op podbean of apple podcasts, ook op Youtube)
    • Frank Turek se Cross Examined (podcast en Youtube)
    • Greg Koukl se Stand to Reason (podcast en Youtube)
    • J. Warner Wallace se Cold case Christiany (podcast en Youtube)
  • Lees Tom Gilson – Too good to be false

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *