Jesus se buitengewone outoriteit

Jesus se buitengewone outoriteit

April 26, 2024 Uncategorized 0

Uitkomste: Ons verstaan dat, as mense, ons graag bronne buite onsself aanhaal om gesag aan ons uitsprake/oortuigings te gee – die interessante is dat ons hierdie nie by Jesus sien nie. Jesus was sy eie bron van gesag, Hy het niemand nagepraat nie en na niemand verwys om gesag te verleen aan sy uitsprake en oortuigings nie, Hy het altyd sy eie waarheid oorgedra.

  • Ysbreker
  • Wat moes jy sê/watter woorde moes jy gebruik toe jy klein was om jou gesin of jou vriende te oortuig dat jy die waarheid praat of hulle te bind om die waarheid te praat?
    • Hoekom was dit nie genoeg om jou net op jou woord te neem nie?

______________________________________________________________________________

  • Inleiding
  • Bespreek die volgende aanhaling oor Jesus, Philip Schaff: “He teaches the world as one who had learned nothing from it, and is under no obligation to it.”
    • Waar sien ons hierdie ingesteldheid by Jesus, kan jy aan spesifieke voorbeelde dink?

______________________________________________________________________________

  • Teks
  • Lees saam Matt. 7:24-29
    • Hoe het Jesus anders geleer as die skrifkenners?
    • Hoekom was hierdie ‘ander’ manier van Jesus vir sommige so ongelooflik en vir ander so ontstellend?

______________________________________________________________________________

  • Inhoud
  • Jesus het 6 keer in die bergpredikasie die uitlating gemaak: “Julle het gehoor…maar Ek sê vir julle.” Sommige teoloë en predikante gebruik dit om hul eie interpretasies of ‘mak-maak’ van die Skrif te regverdig met die argument “Sien Jesus het ook die Bybel herinterpreteer vir sy tyd en gehoor.”
    • Hoe antwoord ons hierdie redenasie?

______________________________________________________________________________

  • Toepassing
  • Dallas Willard het die volgende gesê: “Scribes, expert scholars, teach by citing others. But Jesus was, in effect saying, ‘Just watch me and see that what I say is true.’”
    • As iemand jou sou vra: hoekom vertrou jy wat Jesus gesê en geleer het in die Bybel – met alles wat ons in hierdie reeks al gesels het – hoe sou jy dit antwoord?

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *