Jesus se oortreffende intelligensie
Uitkomste: Ons verstaan dat Jesus nie net ‘a dumb Guy with a big heart’ was nie, maar die mees ingeligte en mees intelligente mens wat ooit geleef het. Ons erken die briljantheid van die manier hoe Jesus moeilike interaksies met mense hanteer het. Ons stel ons onderhewig aan die boodskap wat Jesus gebring het: die waarheid wat Hy by die Vader gehoor het – en, soos Hy, strewe ons nie na populariteit nie, maar gehoorsaamheid.
- Ysbreker
- Vertel van ’n geleentheid waar jy jou voet totaal in jou mond gesit het (die verkeerde ding op die verkeerde tyd gesê het)
______________________________________________________________________________
- Inleiding
- Hoekom is die aspek van Jesus se oortreffende intelligensie nie iets wat mense dadelik aan dink as hulle aan Jesus dink nie?
- Van watter nut kan dit vir die Christelike saak wees as meer mense van hierdie aspek van Jesus se menswees bewus word?
- Maak hierdie aanhaling van Dallas Willard deel van jul bespreking: “Can we seriously imagine that Jesus could be Lord if he were not smart? … How could he be what we take him to be in all other respects and not be the best-informed and most intelligent person of all, the smartest person who ever lived?”
______________________________________________________________________________
- Teks
- Lees saam Luk. 20:1-8
- Wat val jou op in hierdie interaksie tussen Jesus en die godsdienstiges?
- Hoekom was hierdie godsdienstiges so daarop uit om Jesus uit te vang?
- Hoekom het Jesus die godsdienstiges met ’n vraag geantwoord eerder as om net vir hulle te sê wat hulle wou hoor?
______________________________________________________________________________
- Toepassing
- Joh. 18:37 “hiervoor het Ek na die wêreld gekom: om oor die waarheid te getuig. Elkeen wie se bestaan in die waarheid gegrond is, luister na my stem
- Om na Jesus, die Waarheid, te luister is om die stem van die leuen: die wêreld, jou vlees en die bose al meer uit te doof
- Het jy ’n plan, of is jy gedissiplineerd besig om tyd in die teenwoordigheid van die Waarheid te spandeer?
- So nie, hoe kan jy begin?